Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryf in vir ons Junie-Julie-fotokompetisie ter viering van Wêreldomgewingsdag 2023
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 01/06/2023

​Hierdie jaar herinner die tema vir Wêreldomgewingsdag 2023 ons daaraan dat ons optrede oor plastiekbesoedeling saak maak. Die Universiteit Stellenbosch se Omgewingsvolhoubaarheidspan en die SDG/2063 Impak Hub skep bewustheid met 'n spesiale fotokompetisie wat wys hoe ons optrede die omgewing beïnvloed. Die kompetisie strek oor Junie en Julie 2023.

Om aan die fotokompetisie deel te neem, moet jy bloot 'n foto neem en 'n onderskrif skryf wat wys hoe jy bewustheid vir omgewingsvolhoubaarheid sal verhoog. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.

Om Wêreldomgewingsdag op Maandag, 5 Junie te vier, nooi ons studente en personeel vir 'n toer deur ons materiaalherwinningsfasiliteit (MRF) by Welgevallen. By die MRF sal julle sien hoe ons kampusafval gesorteer word op so manier dat 'n mimimale hoeveelheid na die stortingsterrein gaan.

Vir inspirasie, kyk wat ons doen in die US Omgewingsvolhoubaarheidsplan, klik hier

Die eerste prys se waarde is R2000, die waarde van die naaswenner se prys R1000 en die waarde van die 3de prys R500, geborg deur die Omgewingsvolhoubaarheidspan. Daar is 'n spesiale bonusprys vir die #BeatPlasticPollution-veldtog geborg deur SDG/2063 Impact hub—spotpryse wat gedurende Junie en Julie op sosiale media toegeken sal word. Ons het ook 'n prys vir die foto wat die gewildste (meeste “likes") is op ons Instagram-blad by @su.environmental.sust

Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 23:59 op 20 Julie 2023.

Om vir ons fotokompetisie in te skryf, klik asseblief hier​ vir die inskrywingsvorm aanlyn. Jy sal met jou US-bewyse aangemeld moet wees om toegang tot die vorm te kry.

Vir diegene wat Maandag ons herwinningstoer wil bywoon, hiermee die besonderhede:

Sluit by ons aan vir 'n herwinningstoer deur ons materiaalherwinningsfasiliteit by Welgevallen om Wêreldomgewingsdag en #BeatPlasticPollution te vier.

Datum: 5 Junie 2023

Tyd: 12h00 – 13h00

RSVP want plekke is beperk: Vul asseblief die vorm hier in

Vervoer sal vanaf die Konservatorium via die US se pendeldiens beskikbaar wees vir diegene wat bevestig het.

 #BeatPlasticPollution, #WorldEnvironmentDay