Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Herman Wasserman sluit by gesaghebbende nuwe globale inligtingsomgewingskundige paneel aan
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 25/05/2023

Prof Herman Wasserman, Voorsitter van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US), is genooi om by 'n nuwe internasionale gesaghebbende paneel van kundiges aan te sluit wat bedreigings vir die globale inligtingsomgewing die hoof probeer bied.

Die Internasionale Paneel oor die Inligtingsomgewing (International Panel on the Information Environment - IPIE) is gister (24 Mei 2023) amptelik by die 2023 Nobelprysberaad wat in Washington DC gehou is, bekendgestel

Die Switserse-gebaseerd IPIE is 'n onafhanklike globale wetenskaporganisasie wat daartoe verbind is om die mees bruikbare wetenskaplike kennis oor bedreigings vir die wêreld se inligtingsomgewing te verskaf.

IPIE, onder voorsitterskap van prof Philip N. Howard van die Universiteit van Oxford, bring 'n indrukwekkende konsortium van navorsers van regoor die wêreld byeen as 'n wêreldwye wetenskaplike poging om stelsels van inligtingmanipulasie en vooroordeel te ontleed, neutrale assesserings te verskaf oor die toestand van die globale inligtingsomgewing en evalueer die beste beleidsoplossings om bedreigings die hoof te bied.

Wasserman sê dat die daarstelling van hierdie hoëprofiel-paneel van kundiges 'n aanduiding is van die belangrikheid van die kwessie van die globale inligtingsomgewing wat samelewings regoor die wêreld raak. “Ons ervaar 'n wêreldwye inligtingsversteuring wat manifesteer as probleme waaronder disinformasie, haatspraak en sosiale polarisasie. Hierdie probleme hou 'n ernstige risiko in vir demokratiese politiek en die strewe na billike en inklusiewe samelewings. Ek sien uit daarna om perspektiewe by te dra tot die paneel oor hoe Afrika-lande probleme soos disinformasie en geopolitieke inligtingsmanipulasie ervaar, en om die navorsingskundigheid wat in Afrika bestaan, te help uitlig wat ons kan help om hierdie kwessies te verstaan en die hoof te bied".

  • Lees 'n verklaring oor die vorming van IPIE here.