Met verwysing na onlangse artikels wat betrekking het op Stellenbosch-alumni en die Universiteit Stellenbosch (US) Konvokasie, asook 'n verklaring wat deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie gesirkuleer is, moet die US verskeie feitefoute uitwys.
Dit is belangrik om daarop te let dat die Universiteit se alumni verskil van die US Konvokasie. Alumni sluit almal in wat tot en met die tweede studiejaar aan die Universiteit studeer het. Die Konvokasie van die Universiteit bestaan uit: (a) alle persone aan wie ʼn kwalifikasie by ʼn kongregasie van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.
Die doel van die Konvokasie, en dus ook die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie, is volgens die Statuut van die US "om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ʼn wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en die lede van die Konvokasie te handhaaf, en mag die Raad, en die Senaat wanneer gepas, in hierdie verband adviseer".
Volgens die Institusionele Reëls vir die Konvokasie is die Konvokasie deel van die US-gemeenskap. Dit is nie 'n afsonderlike regsentiteit nie en kan nie teen die US litigeer nie. Ook volgens die Institutionele Reëls help die Konvokasie se Uitvoerende Komitee die Konvokasie om sy oogmerk te bereik en sy funksie uit te voer. Die Uitvoerende Komitee gee uitvoering aan besluite van die Konvokasie.
Die Universiteit wys daarop dat die Konvokasie se Uitvoerende Komitee nie met die Konvokasie gekonsulteer het voordat die verklaring uitgereik is nie.
Dit is verder verkeerd om te sê die Konvokasie het 'n besluit geneem om 'n mosie te bring aangesien dit nie plaasgevind het nie. Die Konvokasie moet aan die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie die magtiging gee om dit te doen.
Op grond hiervan kan 'n werknemer nie 'n besluit oor die verspreiding van 'n verklaring deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie neem nie, en toe die versoek van die Uitvoerende Komitee geëskaleer is, het die Rektoraat dit nie as raadsaam geag om 'n verklaring aan die Konvokasie te versprei wat nie die vereiste proses gevolg het nie.
Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie bestaan uit 5 persone: die President van die Konvokasie wat as voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien; die Visepresident wat as Voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien in die afwesigheid van die President; die Sekretaris van die Konvokasie; en twee lede verkies soos uiteengesit in 3.2 in die Prosedure vir die benoeming en verkiesing van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.
Bykomende belangrike feite om na op te let: