Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sleutelmylpale in projek om vaardighede in klimaatslim landbou te versterk
Outeur: Stellenbosch University Water Institute
Gepubliseer: 04/04/2023

​Die Stellenbosch Universiteit Waterinstituut en Fakulteit Agriwetenskappe, in vennootskap met Maastricht Bestuurskool (MSM), het op Vrydag 17 Maart 2023 die uitkomste en prestasies van 'n projek ten toon gestel wat daarop gemik is om vaardighede in klimaatslim landbou in Suid-Afrika te versterk.

Die projek, getiteld “Versterking van vaardighede van TVET-personeel en studente vir die optimalisering van watergebruik en klimaatslim landbou in Suid-Afrika", vorm deel van die Oranje Kennisprogram (OKP), wat deur die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake befonds word. Die OKP is 'n Nederlandse globale ontwikkelingsprogram van € 195 miljoen wat in 53 ontwikkelende lande bevorder word en bestuur word deur Nuffic, 'n Nederlandse nie-winsgewende organisasie vir internasionalisering in onderwys. Oor die afgelope drie jaar, deel daarvan tydens die COVID-19-pandemie, het die projek verskeie belangrike mylpale bereik.

Afvaardigings van verskeie kolleges het die geleentheid bygewoon, insluitend Vhembe TVET Kollege (Limpopo Provinsie), Motheo TVET Kollege (Vrystaat), Nkangala TVET Kollege (Mpumalanga), asook Boland Kollege en Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut (Wes-Kaap). Ander deelnemers het verteenwoordigers van MSM, Nuffic Neso Suid-Afrika, AgriColleges International (ACI), die Gehalteraad vir Ambagte en Beroepe (QCTO), die Energie- en Watersektor Onderwysopleidingsowerheid (EWSETA), die Volhoubaarheidsinstituut, Capricorn TVET Kollege, en Weskus Kollege, ingesluit.

Van die projekmylpale wat tydens die seminaar ten toon gestel is, sluit in die hersiening en implementering van studenteleermateriaal wat verband hou met wateronderwerpelemente, die vestiging van drie hoëtegnologie-tuinboukweekhuise by onderskeidelik Vhembe-, Motheo- en Boland-kolleges, en die vestiging van 'n ten volle funksionele Wolk-gebaseerde Moodle e-leer platform.

Nog 'n groot mylpaal is die totstandkoming van twee ooreenkomste tussen die akademie, die regering en die industrie. Die een is geïnisieer tussen Motheo Kollege, die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, en Vrystaat Landbou. Die tweede vennootskapsooreenkoms behels Boland Kollege en Rennie Farms, 'n groot verskaffer van tuinbouprodukte aan Woolworths, Shoprite en Checkers. Die ooreenkoms sluit die deelname van twee gegradueerdes van Boland Kollege in wat 'n akwaponikabesigheid in die Breederivier-streek gestig het. Hul onderneming, genaamd Manyolo Aquaponics and Culture, verskaf groente aan restaurante in die streek.

Ten slotte het mnr Manuel Jackson, projekbestuurder van die Universiteit Stellenbosch Waterinstituut, en mnr Hans Nijhoff, projekbestuurder van MSM, afgevaardigdes bedank vir hul deelname aan die seminaar en ondersteuning vir die projek. BM1_0517.jpg

Verskeie afgevaardigdes het die werkswinkel op 17 Maart in Stellenbosch bygewoon. Van links na regs, heel agter, mev. Nikita Muller (ACI), mnr. Vincent Uys (Boland Kollege), Dr Estelle Kempen (Universiteit Stellenbosch), mnr. Cyril Mazibuko (Nkangala TVET Kollege), mnr. Joseph Mfopa (Capricorn TVET Kollege), mnr. Renoir Hindley (Stellenbosch University Water Instituut), mnr. Charles Goodwin (Boland Kollege), mnr. Mainganye Michael Malivha (Vhembe TVET Kollege), mnr. Hans Nijhoff (Maastricht School of Management), Prof. Danie Brink (Universiteit Stellenbosch), Elton Valla (Boland Kollege), me. Siona Rikoo (EWSETA), me. Makgala Mary Ramonyatse (Capricorn TVET Kollege), en mnr. Malwandla Khoza (Stellenbosh Universiteit Water Instituut). In die middel is me. Boitumelo Shokane (Capricorn TVET Kollege), me. Keitumetse Goeieman (Motheo TVET Kollege), mnr. André Muller (West Coast Kollege), mnr. Thato Lufuno Mahosi (Vhembe TVET Kollege), mnr. Bradley Jeena (Kleinwinkelhaak), Dr Rykie van der Westhuizen (Universiteit Stellenbosch), Dr Michele Carstens (Stellenbosch Universiteit Water Instituut), me. Thandiwe Mtyingizani (Volhoubaarheidsinstituut), me. Rirhandzu Marivate (Volhoubaarheidsinstituut), mev. Sarie Espach (ACI), me. Adera Kachieng'a (Nuffic Neso SA), me. Hayley Rodkin (Hoof Elsenburg ATI), me. Anica Labuschagne (Motheo TVET Kollege), mev. Bernadette Abrahams (Elsenburg ATI), Dr Patrick Malima (Vhembe TVET Kollege), en mnr. Charles Pule (QCTO). In die voorste ry is me. Refilwe Masilela (Nkangala TVET Kollege), me. Vuyolwethu Dyubele (Volhoubaarheidsinstituut), mnr. Manuel Jackson (Stellenbosch Universiteit Water Instituut), me. Sandra Adriaansens (Maastricht School of Management), mev. Refilwe Mohatlane (Motheo TVET Kollege), me.Tinny Tshamano (Vhembe TVET Kollege), en Ms Nomalizo Mpati (Boland Kollege). Foto: Bjorn Groenewald (SCPS Photos)