Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opvoedkundige sielkunde studente aangemoedig om die samelewing te dien
Outeur: E Els
Gepubliseer: 23/01/2023

Na 'n baie mededingende keuringsproses met byna 200 aansoeke, is twaalf studente vir die MEd Opvoedkundige Sielkunde-program by Fakulteit Opvoedkunde gekeur. Hierdie meestersgraad kwalifikasie in opvoedkundige sielkunde (MEdPsig) word aangebied aan studente wat as Opvoedkundige Sielkundiges wil kwalifiseer. Universiteit Stellenbosch (US) is die enigste tersiêre instelling in die Wes-Kaap wat opvoedkundige sielkundiges oplei.

Prof Deresh Ramjugernath (Viserektor​ Leer & Onderrig aan die US) het op 18 Januarie 2023 die oriënteringsvergadering met die geselekteerde groep studente bygewoon. Hy het waardering gekry vir opvoedkundige sielkundiges gedurende die afgelope twee jaar van die Covid-19-pandemie toe baie studente gesukkel het met geestesgesondheidskwessies. Volgens Ramjugernath is daar 'n behoefte en aanvraag na opvoedkundige sielkundiges. Hy het die studente aangemoedig om die kennis wat hulle in hierdie program opdoen, te gebruik om terug te gee aan die land en om in diens van die samelewing te wees.

Dr Karlien Conradie is verantwoordelik vir die koördinering van die MEdPsig-program en is ook 'n dosent in die Departement Opvoedkundige Sielkunde (Fakulteit Opvoedkunde). "Dit is 'n geskiedkundige oomblik vir ons, aangesien dit die eerste keer in baie jare sal wees dat ons 'n werklik sosio-kulturele diverse groep MEd Psig-studente kon kies," het Conradie gesê. Die keuringsproses het in September 2022 plaasgevind. Daar was byna 200 aansoeke en slegs twaalf studente kan die program bywoon.

Die MEd Opvoedkundige Sielkundige-program het ten doel om studente beide professioneel en akademies te ontwikkel en is deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) geakkrediteer. Die primêre doel van hierdie program is om geregistreerde Opvoedkundige Sielkundiges op te lei. Die program is so gestruktureer dat die bevoegdhede, in ooreenstemming met wat opvoedkundige sielkundiges benodig binne die konteks van 'n transformerende Suid-Afrika, ontwikkel word.



Agter: Rikus van Zyl en Helani Blom 

Middel: Fatima Parker, Louise Hüsselmann, Anna-Mari Tesselaar, Leoné Swart, Janine Tyaliti, Udine Machelm, Nompumelelo Nkumane, Lené Rossouw

Voor: Gaylynne Ockhuis, Nomfundo Khumalo, Prof Deresh Ramjugernath