Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Group Photo of Groningen Delegation
Die Universiteit van Groningen besoek Stellenbosch Universiteit
Outeur: SU International
Gepubliseer: 12/12/2022

​Die Universiteit van Groningen (UG) het Stellenbosch Universiteit (SU) geïndentifiseer as ‘n strategiese vennoot, en Stellenbosch Universiteit het die Universiteit van Groningen ingesluit by die universiteit se omvattende vennootskapportefeulje. Oor die laaste twee jaar het die twee universiteite saamgewerk om doelbewus die strategiese vennootskap te vergroot.

Op 1 en 2 Desember het ʼn afvaardiging van die Universiteit van Groningen ʼn besoek afgelê by Stellenbosch Universiteit. Die afvaardiging was gelei deur Prof. Jouke de Vries, President van die Universiteit van Groningen en het bestaan uit meer as 10 akademiese and ondersteunende personeellede. Gedurende die twee dae het die onderskeie eweknieë die geleentheid gehad om met om met mekaar in gesprek te tree en areas van samewerking te bespreek om die vennootskap tussen die twee universiteite verder te versterk.

​By Stellenbosch Universiteit word ʼn omvattende vennootskap gedefinieer as:
  • Oop vir alle fakulteite
  • Wydreikend in terme van kenmerke en aktiwiteite
  • Dit streef daarna om konsekwent te wees in terme van impak en transformasie by beide vennote op die volgende maniere:
    • Belyning met Stellenbosch Universiteit se Vyf Strategies Navorsingsareas en die geassosieerde volhoubare ontwikkelingsdoeleindes.
    • Rol in internasionale kennis diplomasie
    • Die potensiaal vir die fasilitering van ʼn transformerende personeel en studente ervaring.
    • Voorsiening vir samewerkende graadprogramme, spesifiek die op nagraadse vlak
    • Potensiaal vir bilaterale aktiwiteite as gevolg van gedeelde lidmaatskap van netwerke en konsortia.
    • Bou vennootskapkapitaal
    • Fokus op “in service of society”


Die program vir die twee dae was opgebreek in verskillende sessies: Strategiese oorsigsessies, algemene informasiesessies en vergaderingsessies vir die onderskeie akademiese tematiese groepe. Die temas wat bespreek is, sluit in: Die aard van ʼn strategiese vennootskap van die perspektief van die onderskeie universiteite, interdissiplinariteit by die onderskeie universiteite met ʼn fokus op transdissiplinêre skole, leer en navorsing, postdoktorale programme, gesamentlike akademiese programme, en befondsing strategieë.

Een van die doelwitte van die besoek was om die uitkomste van die vennootskap tot op hede te evalueer. Die vennootskap het sewe sleuteldoelwitte: Gesamentlike PhD programme, gesamentlike postdoktorale programme, nie-graad studentemobiliteit, eksterne befondsingsaansoeke, akademiese passing, die deel van beste praktyke in terme van opvoedkundige innovasie en vennootskap sigbaarheid. Aan die einde van die twee dae was verskeie aksiepunte geïdentifiseer wat die volgende stappe in terme van die bogenoemde sleuteldoelwitte en vennootskap sal lei.

Op die aand van 1 Desember is die boek, Advanced Introduction to Financial Inclusion, bekendgestel by die Stellenbosch Sakeskool. Die boek is geskryf deur Prof Charles Adjasi, Prof Robert Lensink and Calumn Hamilton. Die boekbekendstelling was ʼn geleentheid gewees om die samewerkende navorsing tussen UG en SU ten toon te stel en verdere sigbaarheid te gee aan die vennootskap.

Om formeel die verbintenis tussen die twee universiteite te herbevestig, is ʼn nuwe omvattende studente-uitruilooreenkoms op die eerste dag van die afvaardigings besoek onderteken, asook ʼn raamwerk vir gesamentlike studieleiding en toekenning van gesamentlike doktorsgrade (PhD).

Indien u belangstel om meer uit te vind oor geleenthede om betrokke te raak by die vennootskap tussen die UG en die SU, kontak asseblief Anita Veltmaat (UG) en Sarah van der Westhuizen (US).