Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement neem afskeid van vyf kollegas
Outeur: Daniel Bugan & Prof Suzette Viviers
Gepubliseer: 06/12/2022

Aan die einde van 2022 neem die Departement Ondernemingsbestuur van vyf langsdienende kollegas afskeid.

Prof Johann de Villiers en dr Mike Lamont tree af uit die fokusarea Beleggingsbestuur, terwyl 'n derde kollega van dieselfde fokusarea, dr Riëtte Carstens, in 2023 by Portland Staatsuniversiteit in die Verenigde State aansluit. Dr Awie Vok van die fokusarea Strategie en Innovasie tree ook af en departementele assistent Denver Anthony skuif na die Fakulteit se rekenaargebruikersarea, FHARGA, in die nuwe jaar.

Personeel het met opregte huldeblyke eer aan die vyf kollegas betoon vir hul onbaatsugtige toewyding en onuitputlike bydraes deur die jare.


Prof Johann de Villiers

Johann & Maureen.jpg

Hierdie voormalige dosent, departementshoof en dekaan het in 1997 by die Departement aangesluit en is as 'n “unieke mens met 'n ongelooflike intellek en sin vir humor" beskryf.

“Ons maak dikwels grappe oor Johann wat op en af op die derde vloer van die Schumanngebou loop en oor die betekenis van die lewe besin. Ek gaan hom ontsettend baie mis," het prof Suzette Viviers, voorsitter van die fokusarea Finansiële Bestuur gesê.

Dr Mike Lamont

Lamont, wat in 2012 as 'n senior dosent in Beleggingsbestuur aangestel is, het sy buitengewoon omvattende kennis na die voorgraadse en honneursprogramme van die Departement gebring. Hy het toe reeds twee belangrike en suksesvolle beroepe by die Reserwebank en by Standard Bank se korporatiewe en beleggingsbank beklee.

“Mike se vakkennis is indrukwekkend. Hy weet alles wat enigiemand kan weet van vaste rentedraende verbande," het prof De Villiers gesê. “'n Ander gebied waar Mike se ondervinding besonder waardevol is, was in sy verhouding met sy studente. Hy het hulle vir die werkplek voorberei deur dieMike Lamont_klein.jpg werksomgewing na te boots in sy interaksie met studente.

“Baie dankie vir die kennis wat jy gebring het en met ons en die studente gedeel het. Bowenal, baie dankie vir die wonderlike kollega wat jy vir almal van ons in die Departement was. Dankie vir jou goedhartigheid en humor en die
 positiewe gesindheid wat jy deurgaans oorgedra het. Jy het die wêreld 'n beter plek vir my en jou ander kollegas gemaak."


Dr Riëtte Carstens

“Riette het 'n ongelooflike werksetiek en 'n blink toekoms," het prof Suzette Viviers oor dié dosent gesê wat in 2015 by die Departement aangesluit het.

As deel van die fokusarea Beleggingsbestuur, was sy verantwoordelik vir die honneursmodule oor eiendomsbelegging en finansies. Sy het ook derdejaarsmodules oor beleggingsbestuur aangebied wat gefokus het op eiendomsbestuur en vaste inkomste-instrumente. Haar navorsingsbelangstellings
sluit tekstuele toon in korporatiewe openbaarmakings in asook eiendomsbeleggingstrusts (REITs), korporatiewe eiendomsfinansies,Dr_Riette_Carstens.jpgeiendomsbestuur, eiendoms- en internasionale REIT-beleggings.

Sy is as medeprofessor in Eiendom en Finansies by Portland Staatsuniversiteit aangestel.


Dr Awie Vlok

“Awie het 'n uiters belangrike rol gespeel om die studieveld van Innovasiebestuur by die Universiteit Stellenbosch tot stand te bring," het prof Gert Human, voorsitter van die fokusarea Strategie en Innovasiebestuur, gesê.

Vlok het in 2011 by die Departement aangesluit om sy werkservaring op die gebied van Innovasiebestuur uit te brei.

Awie Vlok_klein.jpg

“Awie was vir die grootste gedeelte van sy loopbaan direk betrokke by innovasieprojekte en -praktyke in verskillende landeen dissiplines in bestuurs, funksionele en organisatoriese kapasiteite," het Human gesê. “Studente en kollegas het veral gebaat by sy ondervinding, wat senior posisies by onder meer Sigma Motorkorporasie, Infoplan (Edms Bpk) en die WNNR ingesluit het."


Denver Anthony

Hierdie ywerige sportman, wat die sokkerspan van die Matie-personeel vroeër vanjaar tot oowinning by die Universiteitsport Suid-Afrika se toernooi aangevoer het, het in 2012 by die Departement aangesluit. Vanaf Januarie 2023 is hy aangestel as voltydse Assistent- Tegniese Beampte by die Fakulteit se rekenaargebruikersarea.

“Denver is een van daardie mense wat jy nie maklik in 'n paar woorde kan opsom nie. Ek het soveel waardering vir sy gewilligheid om altyd te help, vir sy kennis om altyd met probleemoplossings vorendag te kom – en dan altyd met 'n glimlag," het prof Edwin Theron, modulekoördineerder van Ondernemingsbestuur 113 gesê. Sy woorde is veral betekenisvol as 'n mens in ag neem dat daar sowat 1 900 studente vir dié module inskryf, en dat Denver met die administrasie van hierdie groot getal studente moes help.

Annali Maass, die Departement se nagraadse koördineerder, het bygevoeg: “Dit was vir my 'n voorreg om vanaf 2016 saam met jou te werk. Jy was altyd vriendelik en behulpsaam. Ek is dankbaar dat ons paaie nie heeltemal gaan skei nie en dat ek steeds gereeld saam met jou sal kan werk. Ek gaan jou mis op die derde vloer, maar ek gun jou die nuwe uitdaging!"

    Denver Anthony_klein.jpg