Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr. Adefemi Alade verwerf die eerste posisie in die IAWS Doktorale Toekenning en Medalje vir 2022
Outeur: Prof Bruce Talbot
Gepubliseer: 29/09/2022

​Die Internasionale Akademie vir Houtwetenskap (IAHW) het onlangs aangekondig dat Dr. Adefemi Alade die eerste posisie in hul doktorale toekenning en medalje vir 2022 verwerf het. Met hierdie toekenning wil die IAHW erkenning gee aan uitstaande proefskrifnavorsing op PhD-vlak deur studente regdeur die wêreld. Adefemi was onder toesig van Proff. Brand Wessels en Luvuyo Tyhoda van die Departement Bos- en Houtwetenskap, Universiteit Stellenbosch. Die titel van sy proefskrif was “'n Ondersoek na die effek van duursaamheidsbehandeling op kleefbinding van Eucalyptus grandis-hout". Dr Alade het sedertdien 'n pos as nadoktorale genoot aan die Universiteit van Idaho aanvaar. Baie geluk met jou uitstekende prestasie Dr. Alade!