Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons het belofte geërf om ʼn gelyke, inklusiewe land te bou
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Gepubliseer: 26/09/2022

Erfenisdag is op Saterdag 24 September gevier. In meningsartikels vir die media skryf prof Nico Kooman (Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel) en dr Chris Jones (Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie / Eenheid vir Morele Leierskap) dat ons ʼn belofte van ons voorouers geërf het om ʼn land te bou wat verwelkomend is en menseregte en gelykheid vir almal bevorder. Klik op die skakels hier onder om die gedeeltelik vertaalde weergawes van die artikels te lees.