Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms 2022: Bergpad draf, stap of ry fiets
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 06/09/2022

Hier is jou geleentheid om daardie bene te strek. Kom pak die asemrowende Stellenboschberg te voet, op 'n drafstap of op 'n fiets aan op Saterdag 10 September om 07:30.

Nie superfiks nie? Moenie bekommer nie, ons maak vir alle fiksheidsvlakke voorsiening, so bring jou vriende, gesin en troeteldiere, en kom geniet die pragtige uitsig oor die dorp. Verversings word ná die tyd by die Alumni-klubhuis bedien.

Kaartjiepryse: R50 vir 'n stap/draf en fietsry R100.

Hierdie geleentheid vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat van Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse plaasvind. Jy kan allerhande sosiale netwerkgeleenthede, kampustoere, 'n sakeontbyt, sportaktiwiteite en reünies in die loop van die naweek verwag.

KLIK HIER vir die volledige Tuiskomsprogram. Enige vrae? Stuur gerus 'n e-pos aan homecoming@sun.ac.za of skakel +27 21 808 2710.