Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Na-doktorale navorsingsgenote en mentors gevier vir hul uitsonderlike prestasie
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 05/09/2022

​Na-doktorale navorsingsgenote is 'n hoofprioriteit in die strategiese visie van die Universiteit Stellenbosch (US). Ons is trots op die ontwikkeling en navorsingsuitnemendheid van ons na-doktorale navorsingsgenote wat bydra tot die US navorsingsproduktiwiteit en impak in Afrika en elders. Daarbenewens word die ervarings en ontwikkeling van na-doktorale navorsingsgenote gefasiliteer deur goeie mentorskap en infrastruktuurondersteuning. Mentors het 'n belangrike rol in die vorming van die toekoms en loopbaantrajek van na-doktorale navorsingsgenote.

Die US is trots daarop om die gasheer te wees van 356 na-doktorale navorsingsgenote in 2022.  Die genote kom in al die fakulteite voor, met die meerderheid in die Natuurwetenskappe, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, AgriWetenskappe en Ingenieurswese. Ons het 'n byna gelyke verspreiding van nasionale en internasionale na-doktorale genote, en 'n gelyke verspreiding volgens geslag.

In die strategiese fokus om 'n toonaangewende navorsingsuniversiteit in Afrika te word, belê die US in die ontwikkeling van jong navorsers soos dié wat impakvolle navorsing in Suid-Afrika, die vasteland en die res van die wêreld dryf.

Die US het ambisieuse planne om die na-doktorale kohort binne die volgende twee jaar tot 600 te laat groei, in ooreenstemming met die Universiteit se strategie en visie om 'n globale impak te hê.

Die bydrae van na-doktorale genote tot akademiese prestasie aan die Universiteit is betekenisvol. Prof Eugene Cloete, voormalige Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, het in 2017 die Nadoktrale Genootskaptoekennings van stapel gestuur om die toppresterende na-doktorale genote aan die Universiteit te vereer. Genote word gemeet op hul akademiese rekord in terme van publikasiesyfers, konferensieaanbiedings en ander uitsette; hul navorsingsprojekte en fondse wat ingesamel word; akademiese diens met betrekking tot onderrig en studieleiding; eweknie-beoordeling in die akademiese gemeenskap; en gemeenskapsdiens. Die toekenningskategorieë is in 2022 uitgebrei om ook toekennings vir gashere in te sluit:

Uitgelese na-doktorale genootskap mentor (2017-2021): Hierdie toekenning word elke 5 jaar gemaak en erken mentorskapsuitnemendheid met betrekking tot die aantal na-doktorale navorsingsgenote wat ondersteun is oor 'n tydperk van 5 jaar, asook die finansiële belegging in genote. Die afsnypunt hierdie rondte was 20 genote.

Na-doktorale Navorsingsgenoot van die Jaar: Vir die doel van erkenning met betrekking tot geakkrediteerde publikasies, neem ons twee kategorieë in ag, naamlik (i) na-doktorale genote wat die grootste bydraes lewer in terme van die publikasiesubsidie-eenhede (PEs) van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) (afsnypunt vanjaar was 1 vir individuele outeurs en 3 vir totale PEs) en (ii) Na-doktorale genote wat die hoogste aantal geakkrediteerde navorsingspublikasies in samewerking met hul nasionale en internasionale navorsingsvennote en studente gelewer het (afsny vanjaar was 5).

Eugene Cloete Uitstaande Na-doktorale Mentor-toekenning: Vernoem ter ere van die passie en belegging in na-doktorale genote deur prof Eugene Cloete, vereer hierdie toekenning (deur nominasie) gashere van na-doktorale navorsingsgenote vir hul uitnemendheid in leierskap, verbintenis tot na-doktorale navorserontwikkeling en uitnemendheid in die bevordering van toekomstige navorsing.

Viserektor Top 20 Na-doktorale Navorsingsgenote 2022: Hierdie toekennings erken na-doktorale navorsingsgenote wat bygedra het tot navorsing, onderrig en leer en gemeenskapsdiens deur middel van publikasies, befondsingstoekennings, deelname aan studieleiding en onderrig, betrokkenheid by die gemeenskap, regering en industrie.

 

Die volgende na-doktorale genote en mentors het toekennings vir 2022 ontvang:

TOP 20 NA-DOKTORALE GENOTE

Nana Akua Achiaa Adom-AboagyeSentrum vir Sportleierskap
Heath BeckettBotanie en Soölogie // Skool vir Klimaatstudies
Melanie Cilliers (née Deist)AVReQ
Beatrix CoetzeePlant Patologie en Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke
Jafaru EgieyaChemiese Ingenieurswese
Dominique Eugene Psigiatrie
Frans EversonMediese Fisiologie
Chenaimoyo Lufutuko Faith Katiyatiya Dierkunde
Margaret Nolan Molekulêre Biologie en Mensgenetika
Anna OkunolaMolekulêre Biologie en Mensgenetika
Matsepo RamaboliGeneeskunde (African Microbiome Institute is Transitioning to Biomedical Sciences)
Bridget Rennie-SalonenMusiek
Saumik SamantaAardwetenskappe
Fariborz ShaahmadiProsesingenieurswese
Wilma Van RensburgBiochemie
Odelia van StrypSportwetenskap
Julia Van VeldenSentrum vir Indringerbiologie
Mzingaye Brilliant XabaSosiologie en Sosiale Antropologie
Mthokozisi Kwazi ZumaMenslike Voeding

 

Uitgelese na-doktorale mentors

Prof Len BarbourChemie en Polimeerwetenskap
Prof Wyne DermanInstituut vir Sport en Oefengeneeskunde
Prof Barry GreenAIMS/Wiskunde
Prof Johann GorgensProsesingenieurswese
Prof Cang HuiWiskunde
Prof Thomas NieslerElektriese en Elektroniese Ingenieurswese                      
Prof Linus OparaHortologie

 

Prof Cloete mentors

Dr Bernard BekkerElektriese en Elektroniese Ingenieurswese
Dr Marisa KlopperMolekulêre Biologie en Mensgenetika
Prof Michele MillerMolekulêre Biologie en Mensgenetika
Prof Carine SmithKliniese Farmakologie
Prof Hans StrijdomMediese Fisiologie
Prof Richard WallsSiviele Ingenieurswese


Na-doktorale genoot van die jaar

JC BrownJCInstituut vir Sport en Oefengeneeskunde
OC ChikwanhaOCDierkunde
CAG LaurenziCAGGlobale Gesondheid​
T Kaseke
TVoedselwetenskap (consolidoc)

 

  • As u meer wil uitvind oor na-doktrale genote en genootskap geleenthede by die US, kontak gerus vir Dr Palesa Natasha Mothapo, Hoof: Na-doktorale navorsingsondersteuning by mothapo@sun.ac.za

*Foto: Prof Eugene Cloete en Dr Palesa Mothapo by `n groep na-doktorale genote wat toekennings ontvang het.