Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch word hiermee uitgenooi om lede te benoem om vir 'n termyn van drie jaar as Visepresident te dien nadat die vorige Visepresident uit die posisie bedank het.
Die termyn van die nuut verkose Visepresident sal strek vanaf 18 Oktober 2022 tot 17 Oktober 2025.
Nominasies is oop vir 30 dae en sluit op Donderdag 22 September 2022. Nominasies moet voor of op die sluitingsdatum per e-pos aan verkiesings@sun.ac.za versend word.
'n Lid kan deur een voorsteller benoem word en vier ander lede moet die benoeming sekondeer. Die nominasie moet vergesel word van 'n verklaring deur die genomineerde dat hy /sy die nominasie aanvaar en hom/haar tot die verkiesingsreëls verbind, sowel as 'n CV (opsioneel), en 'n visiestelling van maksimum 100 woorde.
- 'n Nominasievorm is HIER beskikbaar.
- KLIK HIER om meer te lees oor die prosedure vir die benoeming en verkiesing van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.