Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch se Groen Skool is nou nog groener met ‘n nuwe sonpaneel-stelsel
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 12/08/2022

​'n Jaar gelede het Laerskool Cloetesville die eerste skool in Suid-Afrika geword wat 'n Energieprestasiesertifikaat (EPC) ontvang het nadat die Universiteit Stellenbosch en die Innovus afwentelmaatskappy GreenX Engineering (GXE) energiebesparende tegnologie by dié skool geïnstalleer het. Op Vrydag, 12 Augustus 2022 het hierdie gewilde Stellenbosse skool, bekend as die Groen Skool, 'n 7.5kW sonpaneel (fotovoltaïese) stelsel ontvang wat ongeveer 14MWh (14 000 eenhede) elektrisiteit per jaar sal opwek. Die stelsel sal jaarliks byna 13 ton koolstofdioksied negeer en R20 000 per jaar bespaar terwyl hulle elektrisiteit aan die netwerk terugverkoop.

Agter hierdie jong Innovus-maatskappy sit die span van GreenX onder die leiding van dr Jason Samuels, wat aan die einde van 2021 sy PhD in elektriese ingenieurswese ontvang het; navorsing wat gelei het tot energiekostebesparings by skole in die Stellenbosch- en Paarl-streek. Samuels se mentor prof Thinus Booysen, 'n professor in die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, en prof Saartjie Grobbelaar, 'n professor in die Departement Bedryfsingenieurswese, is albei by die maatskappy betrokke.

Onder die US se Senior Direkteur van Sosiale Impak en Transformasie, dr Leslie van Rooi se leierskap, het die US se Departement Sosiale Impak en die Fakulteit Ingenieurswese in 2021 'n veldtog begin en ligte by 25 geen- of lae-fooi-skole te vervang om die skole te help om hul elektrisiteitsuitgawes en die las op Eskom en die omgewing te verminder. “Ons het daarin geslaag om die skole se elektrisiteitsrekeninge met enigiets van 21% tot soveel as 39% te verminder," het prof Booysen gesê.

Danksy nog beskikbare fondse nadat die aanvanklike projek voltooi is, kon hulle 'n sonkragaanleg by Die Groen Skool installeer. In 'n afsonderlike projek in 2018 het die span 'n toetsprojek begin waar hulle 'n paar sonpanele by Rhenish Primêr, AF Louw Primêr en Laerskool Stellenbosch geïnstalleer het. Die projek se gunstige resultate het Rhenish gemotiveer om 'n groot sonkragaanleg te installeer en die sonpanele van die toetsprojek aan Cloetesville Primêr te skenk.

Dr Van Rooi het gesê die Universiteit Stellenbosch bly verbind tot vennootskappe met plaaslike skole op baie vlakke. “Ons doen dit spesifiek om ons skole en gemeenskappe positief te beïnvloed. Dit is wonderlik dat ons ook so kan bydra tot die leergeleenthede van Cloetesville Laerskool. My opregte waardering aan ons kollegas en die skoolgemeenskap dat ons op hierdie manier kan saamwerk."

Dr Van Rooi het gesê aangesien die skool nou 'n 10kW-omskakelaar het, sal die US nog 'n paar sonpanele skenk om te verseker dat die aanleg op volkapasiteit kan werk.

Mnr Salie Abrahams, die Adjunk Direkteur-generaal: Onderwysbeplanning by die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), gesê hierdie projek wys wat skole kan doen om gemeenskappe te help om te herstel na 'n baie moeilike tydperk . “Vandag is 'n fantastiese dag. Hier sien ons eerstehands hoe skole 'n groter rol in gemeenskappe kan vervul deur dienste te verskaf wat hulle kan help ophef. Met hierdie kreatiewe projek sien ons hoe skole kan help om die nasionale energiekrisis aan te spreek en die veerkragtigheid en algemene welstand van die plaaslike gemeenskap van Cloetesville te verbeter. Ons moet nou 'n manier vind om 'n model te ontwikkel wat dit na meer skole kan uitrol sodat meer gemeenskappe by hierdie innovasie kan baat." Abrahams het gesê die Wes-Kaapse regering en WKOD wil aan hierdie proses deelneem. “Om hierdie projek vorentoe te neem is vir ons 'n prioriteit en ons sien uit daarna om die vennootskappe te bou wat die nodige platform sal skep om soveel skole as moontlik aan boord te kry. Hierdie projek het die volle ondersteuning van die WKOD," het Abrahams gesê.​

Mnr Alex Hall, skoolhoof van Rhenish, het gesê dit is 'n viering van die menslike gees om hierdie droom 'n werklikheid te maak. “Ons was bevoorreg om hierdie jaar ons eie sonkragaanleg te installeer met 'n 22kW-omskakelaar wat ons 42 MWatt-ure per jaar gaan bespaar. “Ons is veral trots op die 40-ton koolstofvrystellings wat ons gaan negeer. Dit is met groot trots dat ons op hierdie manier aan die Stellenbosch-gemeenskap iets kon teruggee," het Hall gesê.

Met die dank aan die vennote van hierdie projek, het Cloetesville Laerskool se skoolhoof, mnr Rodger Cupido, gesê die skool sal nie net die finansiële voordele van hierdie energiebesparende stelsel ervaar nie, maar hulle is nou deel van 'n meer betekenisvolle leerproses wat hulle na hul gemeenskap kan neem. "Ons is opgewonde om deel hiervan te wees en baie dankbaar vir al die betrokke vennote. Dit is fantasties om al hierdie mense hier te hê wat 'n verskil maak, en ons hoop om voort te bou op hierdie verhouding op ons groen reis as die Groen Skool."​

Meer skole bevoordeel

Die WKOD het onlangs aan GreenX Engineering die geleentheid gegee om IoT-energiebestuur en beligtingsdoeltreffendheid-opgraderings te loods by 25 geen-fooiskole in die Wes-Kaap en hulle te help om op hul elektrisiteitsrekeninge te bespaar. Vir hierdie R6 miljoen-projek, het GreenX uitgebreide energie-oudits by die verskillende skole gedoen om te bepaal hoe hulle hulle met energiebesparende ligte en meters die skole kan help om hul energiegebruik te meet en te bestuur.

“Ons het reeds 100 geen-fooi-skole in die Wes-Kaap geïdentifiseer wat by ons energie-ingrypings sal baat vind," sê Samuels. “Ons hoop dat na die suksesvolle voltooiing van die werk aan die eerste 25 skole, die WKOD ons projek sal uitbrei om die res van die 75 skole in te sluit. Hierdie energie-ingrypings sal gebruikskostebesparings vir die skole teweeg bring, en ook die WKOD grootliks bevoordeel, aangesien hulle 'n bloudruk sal hê om na ander skole in die streek uit te rol."

Samuels sê: "Ons voorsien dat 'n skool enigiets tussen 20-40% op hul energierekeninge sal kan bespaar, wat 'n gemiddelde besparing van sowat R3 000 per skool per maand en 'n totaal van R36 000 per jaar kan beteken." 

LET WEL:

Op Vrydag, 12 Augustus het die Universiteit se Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, dr. Leslie van Rooi, en die skoolhoof van Rhenish Laerskool, mnr Alex Hall, die panele van 'n sonkragaanleg aan die skoolhoof van Cloetesville Laerskool, mnr Rodger Cupido oorhandig.​