Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mia Andersen – “Onthou die waarde wat jy dra en hoe ver jy al gekom het“
Outeur: Birgit Ottermann/ Photo by Stefan Els
Gepubliseer: 01/08/2022

Deur deel te vorm van die herdenking van Vrouemaand stel ons 'n paar profiele van #VrouevanSU saam. Hierdie week het ons 'n kans gehad om met Mia Andersen te gesels.

Mia Andersen het haar loopbaan by Stellenbosch Universiteit Internationaal (SUI) begin as 'n intern in 2017 voordat sy in 2019 as die Administrateur vir Korttermyn-Programme, Somerskole, en Affiliasies aangestel is. In 2020, was sy aangestel as die Koördineerder in die Eenheid vir Internationale Kredensialisasie binne SUI se Afika-Senter vir Beurse.

Sy is baie lief daarvoor om saam met kenners en prominente leiers te werk en by hulle te leer. "Ek koördineer die eksterne kwaliteitversekeringsprosesse m.b.t. die Onafhankilie Eksamineringsraad se Internasionale Sekondêre Sertifikaat (OER-ISS), 'n nuwe internasionale skoolverlatingssertifikaat," verduidelik Andersen. "Hierdie sluit in die stigting en koördinering van drie hoë-vlak kenner-kommitees wie verantwoordelik is vir die oorsien van prosesse, asook die aanstelling, opleiding en koördinering van eksterne eksaminators wat die finale eksamenvraestelle moet modereer.“

Wanneer die kom by hierdie jaar se Vrouedag-tema, 'Generasie Gelykheid: Die Realisasie van Vroueregte vir 'n Gelyke Toekoms', sê Andersen dat daar 'n aanhaling van justice Ruth Bader Ginsberg is wat dadelik in haar gedagtes voorkom: "Vroue behoort in alle plekke waar beluite geneem word. Dit moet nie wees dat vroue die uitsondering is nie."

"Om binne SUI en die wyer SU-gemeenskap te werk laat my toe om 'n meegevoeling te ervaar teenoor hierdie aanhaling deurdat ek glo dat wanneer vroue eers as gelyk verteenwoordig word daar waar 'besluite gemaak word' sal ons regtig eers kan begin saam praat oor die gelykheid van generasies en daarna streef na 'n gelyke toekoms vir almal."

Deur te kyk na die bevordering van gelykheid binne haar onmiddelike omgewing, sê Andersen dat haar werk saam met die OER-ISS dit aanhelp om die reg tot gelyke onderwys vir almal deur kwaliteitsversekering van 'n kwalifikasie wat bekostigbaar is, 'n Afrika-gesentreerde alternatief vir 'n skoolverlatende sertifikaat.

Sy erken die mentorskap van twee uitsonderlike lynbestuurders gedurende haar tyd by SUI. "Ek was baie bevoorreg. Beide is goie leiers, verskaf leiding en ondersteuning waar die nodig is sonder 'micromanaging'. Ek bewonder ook hul vermoë om altyd met 'n Plan B vorentoe te kom, en om foute eerder as 'n Plan A wat nie uitgewerk het nie te erken i.p.v. 'n mislukking. Beidie van hulle inspireeer my om 'n leier te word binne my eie ruimte."

Andersen se boodskap aan ander vroue hierdie Vrouemaand is: "Dit is belangrik om te onthou wat die waarde is wat jy dra, hoe ver jy al gekom het en waartoe jy in staat is."​