Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Fasiliteitsbestuur maak hande vuil by Laerskool AF Louw in Stellenbosch vir Mandeladag
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 22/07/2022

​Die Universiteit Stellenbosch se Fasiliteitsbestuur (FB)-personeel en verskaffers het op Maandag, 18 Julie 2022 in groot getalle by die Laerskool AF Louw opgedaag om hul hande vuil te maak vir Mandeladag. Daar was selfs 'n groot verkeersknoping toe voertuie vroegoggend die skoolwerf binnegekom het en kettingsae, lere, verf, slypmasjiene en tuinmaaktoerusting afgelaai het.

"Ek het verwag dat 'n paar mense vanoggend na ons skool sou kom, maar dit is 'n volskaalse projek," het die skoolhoof, Anne Tarr, gesê. “Dankie dat julle vandag leerders se lewens hier aangeraak het. Ons moet ons kinders leer droom; en dit is hoe drome waar word. Dankie uit die diepte van ons harte."

Omdat haar lewe deur Tarr en dié skool geraak is, was Aloma Fourie, Bestuurder: Instandhoudingsbeplanning by FB​ se Eiendomsdienste, baie bly dat dié skool vir vanjaar se Mandeladag-projek gekies is.

Saam met Robert Todkill, tegniese adviseur, en die instandhoudingspan by FB, het Aloma vinnig 'n span bymekaar gekry om die instandhoudingswiele aan die rol te kry. "Jy gee 'n werk soos hierdie vir Aloma, en towerkrag gebeur," het Nicolette van den Eijkel, FB se hoofdirekteur, gesê.  Sy het elke persoon wat opgedaag het en gehelp het waar hulle kon bedank. Meer as 170 mense het op Mandeladag op een of ander manier gehelp om die skool te verbeter.

Daar was beslis towerkrag aan die werk. Fasiliteitsbestuur se personeel en verskaffers het met hul vloot konstruksievoertuie, toerusting en personeel by hierdie skool opgedaag. Jy het oral gesien hoe mense mure verf, vloere skuur, dakke, deure en vensters regmaak, bome snoei en 'n wankelrige sportpaviljoen tot sy eertydse glorie herstel. 'n Stukkie kaal en onbruikbare grond is omskep in 'n pragtige groentetuin. Dit is hier waar ons bedryfshoof, prof Stan du Plessis, gekies het om sy 67 minute (en meer) vir Mandeladag 2022 te gee.

Aloma het gesê sy wil wys dat die US nie 'n entiteit in isolasie is nie. “Die US is deel van die groter Stellenbosch-gemeenskap en wat ons doen, het 'n impak op almal wat hier woon. My wens is dat die kinders van hierdie skool deur die US geïnspireer word as 'n plek wat daar is vir die groter gemeenskap van hierdie dorp." Baie van Fasiliteitsbestuur se personeel en hier skoolgegaan.

"Sommige van ons verskaffers en personeel was byna die hele week voor Mandeladag al op die terrein, aangesien daar baie werk was om te doen," sê Brandon Como, wat die leiding geneem het op hierdie geleentheid. "Dit is ongelooflik hoe almal net aan boord gekom het om hierdie projek baie beter te maak as wat ons verwag het." Personeel het selfs 'n insameling gehou vir nie-bederfbare artikels wat aan die skool geskenk is. Brandon en sy reëlingskomitee het die logistieke reëlings van die dag hanteer en verseker dat almal daar was, hul gereedskap het en 'n welverdiende middagete geniet het.

Die atmosfeer by AF Louw Maandag was eklekties en vol energie. Jy kon nie help om te lag vir al die gesegdes van mense wat hand-aan-hand en teen tyd gewerk het om 'n lekplek te herstel, iets reg te maak en 'n omgewing te skep waarheen leerders trots sal wees om na terug te keer nie. Mense het gesê hulle is bevoorreg om deel te wees van 'n groep mense wat op so 'n manier van hulself gee dat jy nie eers woorde kan kry om dit te beskryf nie.

Kyk die video hier vir 'n vinnige blik op die dag se aktiwiteite.