Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ʼn Studie van die kalsiumkonsentrasies in appelkultivars toon die dinamika van voedingstof toewysing
Outeur: CAF
Gepubliseer: 17/05/2022

​Navorsers van Universiteit Stellenbosch het die kalsiuminhoud in dormante reproduktiewe appelknoppe van vier appelkultivars bestudeer. Die 'Royal Gala', 'Cripps Pink', 'Golden Delicious' en 'Braeburn' appelkultivars is vir twee seisoene gekwantifiseer.


Die kalsiumkonsentrasies is gekwantifiseer met 'n golflengte-verspreidende X-straal spektrometrie detektor. Dit is 'n nie-vernietigende tegniek om elementêre inligting in verskillende materiale te meet. Resultate het 'n verskil in kalsiumkonsentrasies en weefselareas in die verskillende kultivars getoon.

Resultate het aangedui dat daar 'n hoër xileem-kalsiumkonsentrasie in Junie in die 'Cripps Pink' en 'Royal Gala' was en 'n toename na September toe. Terselfdertyd was daar 'n verlaging in uitloperkalsiumkonsentrasie wat aandui dat reserwekalsium vanaf die uitloper na die xileem toegewys word.

Neigings in die 'Golden Delicious' en 'Braeburn' appelkultivars was nie so duidelik nie en het nie altyd dieselfde patroon gevolg nie. Latere teenwoordigheid van xileem in die dormante knop van hierdie kultivars verklaar die laer kalsiumkonsentrasies en verskil in verspreiding in hierdie twee kultivars in vergelyking met 'Cripps Pink' en 'Royal Gala'. Laasgenoemde twee is minder vatbaar vir kalsiumverwante tekorte soos bitterpit.

 

  • Die artikel 'Dynamics of nutrient allocation from reserwe tissues, using calcium as a model in dormant, reproduktive apple knoppies of four appel cultivars' is gepubliseer in Acta Holticulturae (2022) en is aanlyn beskikbaar.

 

Vir meer inligting, kontak:

Madelaine Frazenburg

E-pos: mrfsem@sun.ac.za​