Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof. Brand Wessels bied werkswinkel vir houteienskap metingsmetodes aan
Outeur: Prof Brand Wessels
Gepubliseer: 03/05/2022

​'n Groep van die Bosbou-ontwikkelingstrust en Sokoine Universiteit van Landbou, albei in Tanzanië gesetel, het die Departement van Bos- en Houtwetenskap van 12 – 14 April 2022 besoek vir 'n werkswinkel oor houteienskap metingsmetodes van Bloekombome. Die Bosbou-ontwikkelingstrust is in 2013 deur die Gatsby liefdadigheidsstigting gestig, as 'n onafhanklike instelling met 'n langtermynvisie vir die ontwikkeling van die kommersiële bosbousektor in Tanzanië. Prof. Brand Wessels was gasheer vir die groep en verskeie personeellede het lesings en praktiese sessies aangebied oor onderwerpe wat verband hou met houteienskap bepaling. Die werkswinkel is georganiseer om die boomteling en navorsingsaktiwiteite van Bosbou-ontwikkelingstrust te ondersteun. Noue samewerking tussen Sokoine Universiteit van Landbou en Universiteit Stellenbosch word vir die toekoms beplan met die doel om houteienskap navorsingskapasiteit in Tanzanië te versterk.