Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
HMS EN MT BESOEK: 11 APRIL 2022
Outeur: Prof Dave Drew
Gepubliseer: 25/04/2022

​​Op Maandag die 11de April was die EucXylo-span verheug gasheer the speel vir drie spesiale gaste. Dit was Dr. Khotso Mokhele en Mnr. Chris Pienaar, onderskeidelik die president en vise-president van die Raad van Trustees van die Hans Merensky Stigting, en Dr. Johan de Graaf, HUB van Merensky Timber. Dit was besonder opwindend en spesiaal om Dr. Mokhele vir die eerste keer in persoon te kon huisves sedert die COVID-19-pandemie Suid-Afrika aan die begin van 2020 getref het. Die besoek het begin met verversings en bekendstellings op die dek onder ons ou dennebome voor die Departement Bos- en Houtkunde.

Nadat ons besoekers vertroud geraak het met wie wie in die span is, is hulle op 'n toer deur die laboratoriumfasiliteite geneem. Dit was wonderlik om vir hulle te wys hoe die befondsing van die Hans Merensky Stigting twee waardevolle ruimtes in die gebou, wat voorheen swak benut was, weer tot nuwe lewe gebring het.

Na 'n geruime tyd in die laboratoriums het ons besoekers 'n uur spandeer in die "kwekery" area wat nou gebruik word deur EucXylo studente vir die uitvoer van 'n wye reeks eksperimente en longitudinale waarnemingsplatforms.

Nadat tyd saam met die studente deurgebring is, het ons gaste aangesluit by Prof Drew, twee van die na-doktorale genote in die span (Dr. Martin en Dr. Lagat), Dr. Moller en die Ph.D. studente vir 'n aangename middagete op die terras by Lanzerac. Die hele span is geïnspireer deur die belangstelling deur die besoekers. Ons sien baie uit na ons beplande navorsingsdag saam met die HMF-direksie in Oktober 2022.