Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jy kan jou mikrobiologie-laboratoriumvaardighede in die wynbedryf toepas
Outeur: Laura van Laeren (Faculty of Science: Media and Communication)
Gepubliseer: 22/04/2022

​“My raad? Wees oopkop. Jy weet nooit waar jy jou dalk kan bevind nie". – Christina Relihan, BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie (2017)

Christina Relihan is 'n navorsings- en ontwikkelingspesialis by die KWV. Sy het in 2017 'n BSc in Molekulêre Biologie verwerf.  Christina glo dat die NNS-internskap wat sy gedoen het haar baie gehelp het om die pos waarin sy tans is, te bekom. Bykomend tot haar BSc het sy ook relevante kursusse by die Cape Wine Academy geloop, asook kursusse by Distillique in die stook van brandewyn en jenewer.

“Die hoof komponent van my werk is produkontwikkeling vir die drankbedryf.  Alle innovasies of konsolidasies val onder my," sê Christina. “Ek help ook met enige navrae met betreffende wetgewing, aangesien ons na verskeie lande uitvoer. Hulpverlening met navorsing aan die departement gemoeid met wyn en spiritualieë, asook die toetsing van raklewe en stabiliteit, val ook onder my. Dan is daar ook nog algemene administratiewe take soos intrinsieke kosteberekening, spesifikasies, proenotas, en rakleeftydopstellings. Die direkte werk is meestal op individuele basis, maar 'n groter span is betrokke wanneer besluite geneem en veranderinge gefinaliseer word."

Die gunsteling deel vanChristina se werk is die feit dat innovasie en probleemoplossing 'n groot deel daarvan uitmaak: “Jy sal nooit verveeld wees nie! Elke produk is 'n leerkurwe wat jou in staat stel om jouself te verbeter," verduidelik sy.

Christina het gevind dat die algemene laboratoriumtegnieke wat wat sy in haar BSc-studies geleer het, baie nuttig is in haar vled van werk, aangesien sy die meeste van haar tyd in 'n laboratoriumomgewing deurbring: “Ek dink die Universiteit Stellenbosch het my geleer om selfstandig te dink end it help baie met die tipe werk wat ek tans doen, veral in die lyn van voedselveiligheid en die invloed wat mikrobiologie daarop kan hê. Met dit wat ek nóú weet, sou 'n moduele of twee in voedselwetenskap my dalk handig te pas gekom het."

Sy beklemtoon ook dat dit belangrik is om te weet dat jy sukses kan behaal met slegs 'n BSc-graad ook, en dat nagraadse studies nie altyd nodig is indien jy in 'n bedryfslaboratoium wil werk nie.   

Vir voornemende student wat 'n BSc- graad oorweeg, het sy die volgende raad: “Wees oopkop. Jy weet nooit waar jy jou dalk kan bevind nie. Moenie te hard op jouself wees nie – jy is tot meer in staat as wat jy dink!"

#100Loopbane in die #Natuurwetenskappe – klik hier vir nog loopbaanprofiele