Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suellen Shay Simposium: Kritiese Gesprekke oor Kennis, Kurrikulum en Epistemiese Geregtigheid
Outeur: Prof Karin Wolff
Gepubliseer: 19/04/2022


Suellen Shay Simposium: 
Kritiese Gesprekke oor Kennis, Kurrikulum en Epistemiese Geregtigheid

Ter nagedagtenis aan Suellen Shay se lewe en as getuienis van die voortgesette impak van haar akademieskap, het kollegas van die vaktydskrif Teaching in Higher Education, die Universiteit van Kaapstad en medewerkers ʼn eendaagse hibridiese simposium gehou.

Die simposium was daarop gemik om breë, diepgaande en kritiese eieydse betrokkenheid by haar oeuvre en die implikasies daarvan vir die akademieskap en praktyk van hoër onderwys op te wek. Aanbieders het gesprekke, ontluikende perspektiewe en idees oor die temas waaraan Suellen gewerk het en/of die teoretiese hulpbronne waaruit sy geput het, aan te voer.

Agtergrond

Suellen Shay het ʼn beduidende bydrae as akademikus, onderwyser en studieleier in hoëronderwysstudies gelewer. Aangespoor deur haar verbintenis tot werk vir verandering vir groter geregtigheid en billikheid in hoër onderwys, het Suellen tot studente- en personeelontwikkeling bygedra, ʼn nagraadse program in hoëronderwysstudies gevestig en aangevoer, tot die ontwikkeling van institusionele en nasionale beleid bygedra en as Dekaan van die Sentrum vir Hoër Onderwysontwikkeling aan die Universiteit van Kaapstad gedien. Sy was ook amper ʼn dekade lank die uitvoerende redakteur van Teaching in Higher Education. Vir haar talle kollegas en medewerkers laat Suellen goeie herinneringe aan met haar saamwerk en ook ʼn ryk akademiese oeuvre na. Haar akademiese loopbaan het begin met die afhandeling van ʼn PhD oor assessering as ʼn maatskaplik-gesitueerde praktyk. Daarna het sy begin met ʼn program van teoreties-onderlegde empiriese navorsing wat as die grondslag van werk aan assesseringsbeleid, toegang in die Suid-Afrikaanse konteks, die herformulering van onderwysontwikkeling en breër teoretisering op die gebied van hoër onderwys gedien het. In die sosio-realistiese tradisie van die sosiologie van onderwys, het sy ʼn wesenlike bydrae gelewer tot navorsing en teoretisering oor die differensiasie en progressie van kurrikulumkennis, waaronder die teoretisering van beroeps- en professionele kennis en hoër onderwys as ʼn professionele vakgebied. Deur hierdie oeuvre het Suellen ʼn deurlopende impak gehad op beleid en praktyk ten opsigte van hoër onderwys – internasionaal en plaaslik in Suid-Afrika.

https://www.news.uct.ac.za/article/-2021-04-16-in-remembrance-professor-suellen-shay

​Temas van die simposium

  • Innovasies en uitdagings van werk vir billikheid, toegang en epistemiese geregtigheid in hoër onderwys, waaronder die hersiening van studenteontwikkeling, kurrikulum en assesseringsbeleid en -praktyk;

  • Teoretisering oor die vakgebied van hoër onderwys (as professionele praktyk), waaronder gesprekke oor personeelontwikkeling en programme in hoëronderwysstudies;

  • Verskuiwings in assessering in hoër onderwys – beleid en praktyk;

  • Strydpunte oor hervorming of dekolonisering van die hoëronderwyskurrikulum vir epistemiese geregtigheid;

  • Die implikasies van institusionele en/of kennisdifferensiasie vir kurrikulum en onderrigmetodiek;

  • Teoretiese gesprekke wat krities omgaan met die Bernsteinse of sosio-realistiese tradisie van die sosiologie van (hoër) onderwys.

​Vir meer inligting, besoek https://sites.google.com/view/suellen-shay-symposium/home of kontak prof Karin Wolff by wolffk@sun.ac.za.