Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
THINK-bank ''n tydige toevoeging' tot veranderende US-landskap
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 19/04/2022

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs 'n ikoniese 10-ton funksionele kunsstuk – die THINK-bank – bekend gestel wat deur GT Ferreira, 'n Merchant Bank (RMB)-stigter en US-alumnus, aan die universiteit geskenk is.

Die 13-meter lange openbare beeldhoukunswerk, wat ontwerp is om innoverende en samewerkende denke te vier en aan te moedig, sal nou permanent voor die US se Ingenieurskompleks in Banghoekweg te siene wees.

Die bank was ontwerp deur die kunstenaar Louis Olivier en sy span van die Workhorse bronsgietery in Johannesburg.

Die bank spel die woord 'THINK' van die een kant af, terwyl 'n mens uit 'n ander perspektief lewensgroot menslike silhoeëtte in verskillende denkposisies sien. Dit dien as 'n nadenkende herinnering aan studente wat daar verby stap dat 'n mens partykeer jou perspektief moet verander om anders te dink. 

Sandri du Plessis, voorsitter van die Ingenieurstudenteraad, het gesê die kunswerk sal geweldig bydra tot 'n meer transformerende en diverse kampus en gemeenskap.Think_light.jpg

“Ons probeer 'n meer diverse en meer transformerende studente-ervaring daar stel en ek dink die THINK-bank sal ons konstant herinner aan daardie visie. Ons beplan om dit te benut en ek hoop dat ander fakulteite dit ook sal gebruik. Ons wil regtig probeer om 'n meer geïntegreerde universiteitsgemeenskap te skep."

Ferreira, wat RMB meer as vier dekades gelede gestig het, het gesê hy het hierdie bank geskenk om studente te inspireer om te doen wat alle studente veronderstel is om te doen, maar nie altyd doen nie – en dit is om te sit en dink in plaas daarvan om net inligting in die klas te absorbeer en dit in eksamens te herhaal.

“Dit klink dalk alledaags, maar die moeite wat dit verg om te dink, word dikwels onderskat. Dit was Henry Ford wat die volgende gesegde in 1928 geskep het: 'Om te dink is die moeilikste werk wat daar is, wat waarskynlik die rede is waarom so min mense dit doen'."

Hy het bygevoeg dat studente die bank moet gebruik om te dink hoe hulle die wêreld en Suid-Afrika 'n beter plek kan maak.

“Dink aan belangrike kwessies soos hoe kan ek help om rasseharmonie in die land te bevorder, hoe kan ek help om die probleem van werkloosheid op te los en hoe kan ek hierdie universiteit help om selfs beter te word."

Prof Wim de Villiers, US Rektor en Visekanselier, sê die Universiteit is tans op 'n reis om sy institusionele kultuur te vernuwe en om sy fisiese ruimtes visueel reg te stel.

“Daarom is hierdie RMB THINK-bank 'n tydige toevoeging tot die veranderende landskap van die Universiteit Stellenbosch. Ons streef daarna om toekomsgerig te wees en om denkleiers en innoveerders te wees wat deur navorsing oplossings vind vir komplekse vrae en uitdagings wat ons land, vasteland en die wêreld in die gesig staar. Dit is presies die reaksie wat ons wil hê die THINK-bank moet ontlok."

Die interaktiewe beeldhouwerk waarop meer as 20 studente kan sit, is 'n replika van 'n groter weergawe wat in opdrag van RMB geskep is en waarvan die eerste een in die RMB Think-distrik by sy hoofkantoor in Sandton, Johannesburg geïnstalleer is. Dit is nou 'n herkenbare landmerk in Sandton en die THINK-bankprojek is deur RMB se visie geïnspireer om deel van 'n inisiatief te wees om kreatiewe en ​innoverende energie op prominente plekke van “vreeslose denke" regoor die land te ontsluit.

ABOUT RAND MERCHANT BANK

Rand Merchant Bank (RMB) is a leading corporate and investment bank and part of one of the largest financial services groups (by market capitalisation) in Africa – FirstRand Limited. It offers clients innovative, value-added advisory, funding, trading, corporate banking and principal investment solutions.

​As the corporate and investment banking arm of FirstRand, RMB has access to a network of banks in 10 African countries, as well as representative offices in Kenya, Angola and China, and branches in the UK and India.RMB believes in art (in all its diverse forms) as a universal language. It has no boundaries and has the ability to capture the spirit of time, transform lives, impact the economy and unite societies. Unlike sport, in art there are no losers – everyone wins. The RMB Fund supports organisations in the disciplines of music, dance, drama, visual art and heritage to develop talent, empower artists and unlock social transformation. The bank also creates powerful platforms to provide easy access to art, develop and showcase artists and elevate art collecting across a wider, more diverse market to strengthen the Creative Economy.

Another key focus is the attraction of young talent through the Minds that Matter graduate campaign.

For more information please visit: www.rmb.co.za