Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konvokasievergadering op 21 April gehou
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 14/04/2022
Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) word uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie op Donderdag 21 April om 19h00. Die vergadering vind plaas by die Coetzenburg Sentrum op Stellenbosch asook aanlyn vir Konvokasielede wat nie persoonlik kan bywoon nie.
 
Die Konvokasie is 'n statutêre liggaam wat bestaan uit alle US-gegradueerdes en gediplomeerdes, insluitend huidige nagraadse studente wat hul voorgraadse studie aan die US voltooi het, asook alle voltydse en afgetrede akademiese personeel.

Die gasspreker by die geleentheid is Me Helen Zille, voormalige Burgemeester van Kaapstad en voormalige Premier van die Wes-Kaap Provinsie. Die Burgemeesters van Stellenbosch en Kaapstad sal eregaste by die geleentheid wees.​

Klik gerus hier vir die finale agenda van die vergadering. 

Bevestig asseblief bywoning per e-pos by konvokasie@sun.ac.za. Ligte verversings sal na afloop van die geleentheid bedien word.