Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
21ste Eeuse klimaat-slim bosbou vir voortbestaan en volhoubaarheid in Suid-Afrika
Outeur: Prof Brand Wessels
Gepubliseer: 18/03/2022

​​FOREST21 is 'n gesamentlike projek met die doel om die kapasiteit in Suid-Afrikaanse hoër onderwys in bosbou te versterk. Die projek word gekoördineer deur Häme Universiteit van Toegepaste Wetenskappe in Finland, en word geïmplementeer in samewerking met vyf hoëronderwysinstellings (HOI's) in Suid-Afrika, Aalto Universiteit in Finland, en die Binnelandse Noorweë Universiteit van Toegepaste Wetenskappe. Ons Departement Bosbou en Houtkunde speel 'n sentrale rol in die projek.

Die projekdoelwitte is om klimaat-slim bosbou en entrepreneuriese innovering in bosbou onderwys te bevorder, in 'n poging om die begrip van die rol van woude te verbeter, werkskepping te stimuleer en die effek van klimaatsverandering te verminder. FOREST21 sal geïmplementeer word deur die kurrikulums in bosbou by alle HOI's te evalueer en te hervorm en dit in entrepreneurskapsopleiding in te bring om graduandi toe te rus met probleemoplossingsvaardighede, 'n entrepreneuriese ingesteldheid en klimaat-slim denke.

Probleemgebaseerde leermetodes (PBL) en student-gesentreerde onderrig is die doel van die projek. Studente leer deur die oplossing van werklike besigheidsuitdagings op die veld in internasionale spanne. FOREST21 vereis noue samewerking met die nywerheidsektor, sowel as onderwysers en die bestuurspersoneel in vennoot-HOI's om die praktyke in die plaaslike konteks te vind.

FOREST21​ word mede-befonds deur die Erasmus+ program van die Europese Unie.

Meer inligting beskikbaar by Prof. Brand Wessels of aanlyn by https://www.forest21.org/