Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Ncebakazi Galada sluit aan by die Innovus Tegnologie-oordragspan
Outeur: Innovus & LaunchLab
Gepubliseer: 17/03/2022

​Die nuut-aangestelde Tegnologie-oordragbestuurder by Innovus, dr Ncebakazi Galada, bring meer as 'n dekade se ondervinding in navorsing en innovasiebestuur saam met haar. Dr Galada, het 'n MBA en 'n PhD in Biotegnologie.

Dr Galada sluit by die Innovus-span aan op hul tegnologie-oordragreis: om navorsers, innoveerders en entrepreneurs by te staan met die identifisering en bestuur van intellektuele eiendom wat voortspruit uit die Universiteit Stellenbosch se navorsing- en innovasie-uitsette. Sy is passievol daaroor om idees, navorsing en innovasie-uitsette in kommersieël-lewensvatbare produkte, prosesse en dienste te omskep.

Galada sê sy opgewonde is om by die lewendige Innovus-span aan te sluit en sien daarna uit om haar kundigheid te gebruik om die reeds indrukwekkende innovasieportefeulje te bevorder terwyl sy in die tegnologie-oordragprofessie leer en groei.​