Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement Engels vier 2021 Literêre Nobel-bekroonde Abdulrazak Gurnah
Outeur: Prof Sally Ann Murray and Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 25/10/2021

​Abdulrazak Gurnah  se romans is lank reeds op die leeslys vir voorgraadse en nagraadse student in die Departement Engels aan die Universiteit Stellenbosch. Die onlangse aankondiging dat die skrywer, gebore in Zanzibar, die 2021 Nobel-prys vir Letterkunde sal ontvang is dus wyd gevier deur lede van die departement en die algemene US gemeenskap.

Nobel-pryse word toegeken deur die Sweedse Akademie in Stockholm. 

“Gurnah se 2021 Nobel-prys vir Letterkunde is 'n uitstaande prestasie deur 'n besondere skrywer. Hy is die enigste swart Afrika-skrywer wat so vereer word sedert 1986 an daar is geen beter tyd as nou om jouself in sy fiktiewe wêreld te verdiep nie," sê Sally Ann Murray, Professor in die Departement Engels. 

“Gurnah het 'n sterk persoonlike verbintenis met die Engels-departement weens die departement se langdurige toewyding tot die uitbreiding van navorsing en onderrig wat fokus op Oos-Afrika letterkunde as 'n verwaarloosde aspek van die postkoloniale en Indiese Oseaan-studies. Sy romans, waaronder By the Sea,  is belangrike elemente in US se voorgraadse Engelse literatuur-sillabusse sedert 2008, en sy oeuvre is die onderwerp van doktorale proefskrifte geproduseer deur die Nagraadse Skool se beurshouers in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe," voeg sy by.

Deur die jare het 'n aantal US kollegas sy werk gepubliseer, veral in die spesiale 2013 uitgawe van English Studies in Africa wat kritiese perspektiewe op Gurnah se fiksie van Suid-Afrika, die Afrika-vasteland, en internasionale kommentators byeengebring het. Gurnah se fiksie is prominent in prof Tina Steiner se Convivial Worlds: Writing Relation from Africa (Routledge, 2021).

Steiner, 'n medeprofessor in Engels, het vir baie jare die departement se voortgaande verbintenis met Gurnah gekoester. Hy was die hoofspreker by twee internasionale konferensies wat aangebied is op Stellenbosch deur die departement: "The Cape & the Cosmopolitan: Reading Zoë Wicomb," wat aangebied is saam met die Universiteit van Londen se Skool vir Oosterse en Afrika-studies in 2010, en in 2016 die Driejaarlikse Konferensie van die Vereniging vir Statebond Literatuur en Taalstudies, aangebied in samewerking die Universiteit van Wes-Kaapland. Bowendien het hy die hooflesing aangebied by die internasionale kollokwium “Migrant Meditations," wat plaasgevind het by die Humboldt Universiteit in Duitsland in 2013 en was mede-aanbieder by US, Humboldt en Cheikh Anta Diop Universiteit in Senegal. 

“Op sterkte van hierdie verhouding het Gurnah 'n inwonende kunsgenootskap opgeneem by STIAS in 2018, waar hy gewerk het aan sy mees onlangse roman, Afterlives (2020)."

Die boek is in The Guardian geprys deur die Etiopies-Amerikaanse skrywer Maaza Mengiste as “[r]iveting and heartbreaking," a “compelling novel … that gathers close all those who were meant to be forgotten, and refuses their erasure".

Gurnah is die skrywer van “tien uiters leesbare romans" en veelvoudige kortverhale wat die geskiedenis herbesoek deur die “klein lewens" van verplaastes, vlugtelinge en migrant-karakters. Sien Steiner se meningsartikel in The Conversation.

Hy is Professor Emeritus van Engelse en Postkoloniale Literatuur aan die Universiteit van Kent en is verkies as 'n Genoot van die Royal Society of Literature in 2006. 

Hy was eens 'n skoolseun-vlugteling in Engeland in die nasleep van Zanzibar se gewelddadige revolusie vir onafhanklikheid. Gurnah het matriek daar geslaag en geleidelik 'n lewe vir homself gebou, met skryf as 'n wyse om kulturele vervreemding te verwerk. Hierdie invloedryke migrant-skrywer word nie maklik geplaas binne die wêreld-literatuurstelsel nie. Murray verduidelik: “Sy fiksie bring eilande na onstabiele lewens, toon hulle as verwante eerder as insulêre ruimtes, en hy behandel die binneland van 'n land as ryk terrein vir emosionele konflik in die verhale van gesinne en historiese trauma."

Soos Steiner opmerk" “Die Oos-Afrikastreek en die Swahili-kus, in die besonder, bly die sleutel tot die lewens en idees waarby Gurnah se romans betrokke raak, en karteer die verstrengelde lyne wat ontmoetings met Engeland en Engelsheid tipeer. Zanzibar, Dar es Salaam, Bagamoyo, Mombasa, die Tanganjika-meer, Nairobi, Muscat, Bahrain – Gurnah se diasporiese narratiewe volg die warboel van die geskiedenisse van liefde en verlies deur transnasionale en trans-oseaniese bewegings, met verwysing na die Oos-Afrika slawehandel en knegskap, Duitse en Britse koloniale onderdrukking sowel as die verwoestende vorme van politieke en sosiale uitsluiting geassosieer met verplasing en ekonomiese onsekerheid."

Murray haal vir Steiner en die US Navorsing-assosiaat prof Maria Olaussen van die Department Tale en Literatuur aan die Universiteit van Gothenburg aan en sê: “Gurnah se fiksie versterk die 'idee van die storieverteller' wat skryf uit 'n 'posisie van swakheid' as 'n toestand wat narratiewe oop hou vir die kompleksiteite van die lewe met klein bietjies weerstand, buitengewone ontmoetings, en skaars oomblikke van goedhartigheid wat die raamwerk van distopiese toestande verbreek." ​

Foto: Prof Tina Steiner