Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US wiskunde-studente bo in 2021 Wits Wiskunde Kompetisie
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 10/11/2021

Vier voorgraadse studente van die Universiteit Stellenbosch is onder die top tien presteerders by die jaarlikse Universiteit van die Witwatersrand Wiskunde Kompetisie, met Ralph McDougall, 'n derdejaarstudent in elektriese en eleltroniese ingenieurswese wat algeheel die eerste plek beklee.

Danielle Kleyn, 'n eerstejaar-BSc-student in rekenaarwetenskap, was die top- vroue wiskundestudent en beklee algeheel die agste plek, terwyl Jean du Plessis en Jean Weight onderskeidelik die vyfde en vierde plekke beklee. Jean Weight het ook eerste gekom in die kategorie: beste bewyse. Jean Weight is 'n eerstejaar-BSc-student in rekenaarwetenskap en Jean du Plessis 'n tweedejaar-BSc-student in fisika. Tesame, as span SUmbody Once Told Me, het hulle ook die kategorie vir voorgraadse universiteitspanne gewen.

Dr Jonathan Kariv van die Universiteit van die Witwatersrand se Departement van Wiskunde het die kompetisie in 2018 begin om wiskunde in Gauteng op alle vlakke te bevorder, maar dit het gou-gou tot 'n nasionale kompetisie uitgebrei. Hierdie jaar het meer as 'n duisend studente en leerders deelgeneem, wat ook studente en leerders van verskeie Afrika-lande ingesluit het.

Die toekenningsfunksie het op Maandag 8 Oktober aanlyn plaasgevind. Jy kan dit kyk by https://www.youtube.com/channel/UCx0js7qnwK1ozSDUff25WUw of vir 'n oorsig kan jy die uitslaeblad besoek: http://wmc.ms.wits.ac.za/2021-winners/#page-content.

In September vanjaar het Ralph, Danielle en Jean Weight ook onder die eerste 20 plekke in die Hall of Fame van die ASSA Suid-Afrikaanse Tersiêre Wiskunde Olimpiade gekom.

Op die foto bo, voor van links na regs, Ralph McDougall, Jean du Plessis en Jean Weight. Agter is wiskunde dosent Dr Liam Baker en Danielle Kleyn. Foto: Wiida Fourie-Basson