Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kampus Skenkingsdag skop US se Bridge the Gap-jaarfonds af
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 19/10/2021

Die Universiteit Stellenbosch (US) se gemeenskap het in groot getalle opgedaag en hul volle ondersteuning aan die Universiteit se jaarlikse Kampus Skenkingsdag gegee wat onlangs op die Stellenbosch-kampus plaasgevind het.

Kampus Skenkingsdag 2021 vorm deel van die Jaarfonds, Bridge the Gap, wat daarop gemik is om die struikelblokke wat Maties verhoed om 'n betekenisvolle studente-ervaring te geniet en daardie gesogte graad te behaal, uit die weg te ruim. Die Universiteit samel fondse vir verskeie inisiatiewe in onder die sambreel van Bridge the Gap. Dit sluit in #Move4Fooddie Tygerberg Pantry-projek#Action4Inclusion#GradMe#Zim4ZimEnd Period Poverty#MatiesHaveDrive en Caught in the Middle.

Die Kampus Skenkingsdag-aktiwiteite – wat oor 'n paar dae versprei is om sosiale afstandshouding en aandklokreëls te akkommodeer – het 5-per-span sokkerwedstryde, 'n spoedtennistoernooi en 'n filmmarathon by die Pulp Cinema ingesluit, terwyl koshuise en Privaat Studente Organisasies gevra is om die bome in Victoriastraat tussen Dagbreek en Irene te versier.

Die Dekane van AgriWetenskappe en Ingenieurswese, proffs Danie Brink en Wik​us van Niekerk, het ook nie vir die aksie teruggestaan nie. "Ons Dekane van AgriWetenskappe en Ingenieurswese het regtig die grense verskuif, en ons is so dankbaar. Hul fakulteite het trollies en trollies met nie-bederfbare voedsel aan die hoofkantoor van Bridge the Gap gelewer. Ons maatskaplike werkers was uit die veld geslaan!" sê Karen Bruns, Senior Direkteur by die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge.

Viwe Benxa, Bridge the Gap-ambassadeur en een van die organiseerders van Skenkingsdag, het gesê dat selfs 'n gebrek aan toeskouers (weens COVID-19-regulasies) die deelnemers nie daarvan weerhou het om mee te ding soos min nie. “Ons het soveel pret gehad, en natuurlik omdat ons geweet het dat al die aktiwiteite 'n goeie saak sou bevorder, was dit nog meer lonend."

Die onderskeie spanne het kop-aan-kop gewedywer totdat een span as oorwinnaar uit die stryd getree het. Die wenners van die tennistoernooi was Silene en Eendrag (dubbelspel); naaswenners was Isa en Majuba; Lydia (enkelspelers) en naaswenner, Isa. Die wenners van die sokkertoernooi was 'n mansspan van die Russel Botman-huis, die vrouekoshuiswenner was Irene en die wenners van die gemengde spel was Serruria en Huis Neethling.

“Die filmmarathon het die ganse dag oue goues vertoon: The Shawshank Redemption, Forrest Gump en Black Panther was omtrent gewild. Black Panther was beslis die grootste lokettreffer op die dag en ons het R8 000 se kaartjieverkope ingesamel!

“Die boomversierders het ook baie moeite gedoen. Ons was dit almal eens dat die boom van Monica ongelooflik mooi was, maar Venustia het diep getref in terme van ywer en kreatiwiteit," het Benxa bygevoeg.

Die US se rektor en visekanselier, prof Wim de Villiers, en 'n span van 19 fietsryers wat bestaan het uit alumni, personeel, studente en langasemvriende van die Universiteit, het op Sondag 10 Oktober die Skenkingsdag-aktiwiteite afgesluit deur deel te neem aan die Kaapstad-fietstoer en fondse in te samel vir #Move4Food, een van die prioriteitsinisiatiewe van die Jaarfonds.

“Om van die Jaarfonds 'n sukses te maak beteken dat almal skouer aan die wiel moet sit. En te oordeel aan die reaksie en vrygewigheid wat ons op Kampus Skenkingsdag waargeneem het, kan ek net goeie dinge op die pad voorentoe sien. Vir dié van julle wat nog steeds wonder hoe om jou deel te doen ... daar's oorgenoeg geleenthede. Gee daardie ekstra koppie koffie 'n mis; as jy verjaar, kan jy daaraan dink om jou vriende en professionele netwerk te vra om 'n skenking te maak in plaas van 'n verjaardaggeskenk te koop; hardloop 'n paar kilometer ter ondersteuning van Bridge the Gap en word terseldertyd fiks ... Ons is hier en slaggereed om jy te help om 'n blad op GivenGain vir jou fondsinsamelingsinisiatief te skep. Elke bietjie sal beslis help!" het Bruns mee afgesluit.

Die Bridge the Gap Jaarfonds duur tot Junie volgende jaar. As jy betrokke wil raak, besoek gerus https://www.matiesalumni.com/bridge-the-gap-annual-fund/?lang=afr​, volg die onderskeie sosiale media-kanale, Facebook (Bridge The Gap (SU), Instagram (@bridgethegapsu) en Twitter (@bridgethegap_su) of stuur 'n e-pos na: bridgethegap@sun.ac.za.