Dinsdag (5 Oktober) was Wêreldonderwyserdag. In ʼn meningsartikel vir Daily Maverick skryf prof Nuraan Davids (Departement Opvoedingsbeleidstudie) dat ons onderwysers benodig wat met sensitief en omgee onderrig, en leerders help om hoopvol te bly.
- Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hieronder.
Nuraan Davids*
Die meeste Suid-Afrikaanse onderwysers verstaan wat dit beteken om in “abnormale" kontekste – onveiligheid en geweld – onderwys te gee. Hulle weet ook wat dit verg om in krisisse te funksioneer en om rolle en verantwoordelikhede te aanvaar wat baie verder as die norme en standaarde van enige onderwysbeleid strek. Hoe meer hierdie krisisse word – swak infrastruktuur en hulpbronne, swak ouerondersteuning, hoë verhouding tussen 'n onderwyser en die aantal leerders, tienerswangerskap, rassisme, vandalisme, diensleweringsoptogte wat tot die sluiting van skole lei, korrupte leierskap en bestuur, die afwesigheid van leerders en onderwysers, leerderafname (daar is werklik geen einde aan die lys nie), en meer onlangs COVID-19, hoe swaarder rus die verantwoordelikheidslas op onderwysers.
Die ontwrigting van hierdie wêreld het nie die manier waarop op jongmense sosialiseer en leer, ontwrig nie, maar dit het ook hul begrip van die wêreld waarheen hulle leer, ontspoor. Daarom moet onderwysers nie net die dubbele taak van onderrig en leer bestuur nie, maar moet ook die jongmense gemotiveerd hou in en vir 'n wêreld wat ons almal nog probeer verstaan. Met die viering van Wêreldonderwyserdag (5 Oktober) moet ons dalk die reuse-uitdaging van wat dit behels om 'n onderwyser wees, heroorweeg en herwaardeer.
Nog lank voordag COVID-19 deel van ons woordeskat geword het, is die koms van digitale onderrig en leer reeds as onvermydelik beskou. Die meeste van ons sal saamstem dat tegnologie onmisbaar geword het vir leervaardighede, die bou van kennis, werk, speel en om sosiaal te verkeer. Ons verstaan die behoefte vir denke wat afhanklik is van die algoritmiese berekening van tegnologie; dat ons nie meer net op tradisionele vorms van menslike verbeeldingskrag kan staatmaak nie. Die knellende probleem is egter dat ons skynbaar oor hierdie tegnologiese verskuiwing en die onontbeerlikheid daarvan praat asof al ons opvoedkundige ruimtes dieselfde is. Ons voer hierdie gesprekke in 'n bewusteloosheid buite konteks, selfs wanneer ons weet dat digitale- of afstandsleer vir die meeste Suid-Afrikaners net so 'n groot oksimoron is as die idee van 'fisieke' of 'sosiale afstandskepping' in oorvol huise en gemeenskappe.
Hoop hou die vermoë in om studente toe te laat om in hulleself te glo en om bo hul omstandighede uit te styg; dit gee hulle die moed om verder te kyk as wat onmiddellik sigbaar is. Om met hoop onderwys te gee, gee aan studente 'n vertroue dat hulle die reg het om te droom, veral binne omstandighede en in 'n tyd waar hierdie drome skynbaar in gevaar is. Ons moet nooit vergeet dat, ongeag wat die krisis ook al is, om 'n onderwyser te wees beteken om die lig te vind. Uiteindelik word onderwysers nie onthou vir wat hulle onderrig het nie, maar vir hoe hulle hul studente laat voel het. Vir my kan daar geen beter kriterium van burgerskap wees as om ander goed oor hulleself te laat voel nie.
Lees hier verder wat *Nuraan Davids, professor in onderwysfilosofie en voorsitter van die Departement Opvoedingsbeleidstudie aan die Universiteit Stellenbosch, oor hierdie kwessie te sê het.