Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vat hande oor taal
Outeur: Dr Leslie van Rooi
Gepubliseer: 31/08/2021

In hierdie artikel wat in Rapport van 22 Augustus 2021 verskyn het, reageer dr Leslie van Rooi, die US se woordvoerder oor taal, op die skrywe van die Helpmekaar Studiefonds wat 'n weeek vroeer verskyn het.

---------------------

Die sentimente oor hoe 'n mens Afrikaans red soos uitgespreek in die ope brief van die Helpmekaarfonds aan Maties se kanselier Edwin Cameron is betekenisvols, skryf Leslie van Rooi

Die rol van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch US het inderdaad n emosionele fokuspunt vir veral Afrikaanssprekendes geword. Dit is omdat taal verband hou met ons identiteit ons plek en rol in Suid Afrika en ons verskeidenheid van lewensverhale.

Maar dit is ook meer as dit.

In hierdie gesprek gaan dit ook oor saamwees in verhouding tot ander binne die konteks van diversiteit en n verskeidenheid van belewenisse. Dit gaan ook oor die kweek van gesonde vaardighede die ontsluiting van kennis, studentesukses en die bevestiging van 'n menseregtekultuur wat daarop wys dat my regte erken moet word. Maar ook dat my regte altyd in verhouding tot die van ander staan.

Taal is dus vir die US baie belangrik. Die US deur sy taalbeleid soos ook die tweede konsepweergawe daarvan bevestig taaldiversiteit op verskeie vlakke in die leer en leefervaringe van studente soos personeel op ons kampusse.

Hiervan is Afrikaans deel omdat dit deel uitmaak van die storie van ons universiteitsgemeenskap. Afrikaans het inderdaad oor dekades heen n akademiese repertoire opgebou waartoe die US beduidend bygedra het en aanhou bydra. Dink maar aan die Woordfees en die Woordebok van die Afrikaanse Taal benewens die akademiese aanbod. Die US bly verbind tot die benutting en uitbreiding van die akademiese potensiaal van Afrikaans saam met Engels as onderrigtale teen die agtergrond van meertaligheid.

Die US benadruk dus steeds dat ons glo dat ons studente meer keuses, groter toegang en 'n beter toekoms het danksy hierdie benadering.

Ons bevestig ook weer dat Afrikaans toegang en sukses verseker vir 'n groot getal van ons huidige en toekomstige studente toegang oor grense. Maar ons weet ook dat taaldiversiteit maak dat Maties vaardighede opdoen wat hul gesog maak vir aanstellings hier en elders.

Die Helpmekaar Studiefonds sal saamstem dat toegang tot sukses moet lei kritiek belangrik vir die US ook. G'n wonder dat ons deurvloeikoerse en slaagsyfers van die hoogste in die land is nie. Die US wil nie moedertaalsprekers ontneem van n leer en leefervaring wat die rykheid van taaldiversiteit bevestig nie. En juis daarom bevestig die besproke tweede konsepweergawe van die nuwe beleid dit juis!

Dit is ook belangrik om daarop te wys dat besluite oor die taalbeleid en die implementering daarvan nie by die Rektor of 'n individu berus nie. Inteendeel, besluite oor taal en taalimplementering word bestuur op verskillende vlakke regdeur die instelling. 'n Taakspan kundiges bestuur die hersieningsproses en oorweeg insette van die publiek, personeel en studente via die openbare konsultasieproses, die Raad, Senaat, Institusionele Forum en Fakulteitsrade, asook regsadviseurs.

Uiteindelik keur die Raad die Taalbeleid goed met instemming van die Senaat en ná oorlegpleging met die Institusionele Forum.

Hierna vergader die taalbeleid nie stof nie. Taalbelewenisse en impak word intyds en deurlopend getoets en gemeet. So word taal nie net verwoord in 'n beleid nie, maar lei dit juis tot 'n diep, ryke belewenis wat mense nooi om saam te kom, te deel en om saam te leer – ook, maar nie uitsluitlik nie, in jou moedertaal.

Ons weet uit terugvoer deur studente en personeel dat die algemene belewenis, ook onder Afrikaanssprekendes, meestal positief is. En dit spoor die US aan om nog beter te doen. En as daar klagtes is bied die Taalbeleid duidelike riglyne oor prosedures – van departemente vlak tot by die US ombud totdat daar uitsluitsel is.

Self investeer die US jaarliks miljoene in ondersteuningsbeurse. Dit is baie nodig vir talle van ons studente wat nie die finansiele en akademiese mas gaan opkom as dit nie was vir organisasies soos die Helpmekaar Studiefonds en ander nie.

Danksy flnansiele akademiese en psigososiale steun presteer hierdie studente en volgens terugvoering uit sowel klas en koshuis floreer hulle op ons kampusse. Hulle handhaaf hulself goed in diverse omgewings ook in n diverse taalomgewing.

Dit is betekenisvol juis omdat dit uiteindelik bydra tot studentesukses sowel as die vaardighede wat studente ontwikkel wat maak dat hulle in aanvraag is. Dit is iets wat min ander Suid Afrikaanse universiteite kan bied en is tans meer moontlik by openbare universiteite waar n diversiteit van studente teenwoordig is. Dit is wat voornemende Maties oor taalgrense heen Die U na ons kampusse lok. plaasl

Hierdie wereldklas leerervaring stel hulle in staat om vant geleenthede plaaslik en in intern ternasionaal te benut maar ook op eie bodem n verskil naal te maak. Dit is juis hierdie plaaslike relevansie wat die US wil bevestig en erken. En hiervan is daar verskeie voorbeelde. Plaaslike relevansie en impak is oor verskeie grense en geskied ook binne die bree Afrikaanse gemeenskappe.

Dit is ook kernbelangrik om te besef dat universiteite wereldwyd dramatiese omwentelings ondergaan. Dit is nie meer dieselfde as in die vroee 1990 s nie nie soos dit was rondom die eeuwisseling nie en selfs nie eens n dekade gelede nie. Boonop het Covid 19 ook snelle verandering meegebringveral hoe dosente klasgee en hoe studente leer en onderrig ontvang.

Dit geld ook die US en sy taalkonteks. Verskeie dokumente te vinde by www.sun.ac.za/taal werp meer lig hierop.

Maar universiteite se konteks is nie net taal nie. Met die US gaan dit op die keper beskou goed. Daar is vandag aansienlik beter leer en navorsingsmoontlikhede as voorheen en die US moet as nasionale bate bestuur word. Universiteite moet plaaslik relevant wees maar ook internasionaal gereken. Dit is wat die US is.

Terug by taal. Studentesukses studente ervaring en n konteks waar jong mense Afrikaans binne n meertalige konteks kan uitleef en beleef is belangrik vir die Helpme kaar Studiefonds en die US. Weer sal die organisasie saamstem dat n verskraling van die leef en leerwe reld van hoepotensiaal imiS pakvolle jong mense n on rele reg sou wees. En as leervennoot is dit die US se ook verantwoordelikheid om Si 0 aansienlik meer aan studente te bied as n eendireken. mensionele ervaring wat studente ontneem van n gesonde voorbereiding op die wereld daarbuite.

Daarom vat die US graag hande met ander en doen moeite om die kompleksiteite van ons dag te verreken en te bou aan die moontlikhede wat die toekoms bied. Dit doen ons in n milieu waarin ons onderskeie doelwitte en ons verstaan van onder meer die funksie van taal ooreenstem maar ook kan versldl.

Ons gesels dus graag verder met die Helpmekaar Studiefonds en ander organisasies om die waarde van meertaligheid ten voile te ontsluit.

  • Dr Leslie van Rooi is die senior direkteur sosiale impak en transformasie en taalwoordvoerder aan die US