Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kan ouditkomitees help om uitdagings met oorsigbestuur in munisipaliteite aan te spreek?
Outeur: Mariaan Roos
Gepubliseer: 28/06/2021

Kan ouditkomitees help om uitdagings met oorsigbestuur in munisipaliteite aan te spreek? Dit is die vraag wat dr Mariaan Roos van die Departement Rekeningkunde en Ouditkunde by die Fakulteit Krygskunde probeer beantwoord het in ʼn meningsartikel wat onlangs in Cape Times gepubliseer is.

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hieronder.

Mariaan Roos*

Suid-Afrika is tans besig om voor te berei vir die komende plaaslike verkiesings later vanjaar. Dit is geen geheim dat ons munisipaliteite verskeie uitdagings in die gesig staar nie, wat negatiewe ouditverslae, beweerde korrupsie, swak finansiële en prestasiebestuur, gebrek aan wetlike nakoming en geweldige onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes insluit.

Baie munisipaliteite het ook beperkte vordering gemaak om negatiewe oudituitkomste aan te spreek. Die mees onlangse algemene munisipale ouditverslag van die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (2018–2019) dui aan dat die oudituitkomste van 76 munisipaliteite gedurende die drie jaar van die huidige plaaslike regeringadministrasie selfs agteruitgegaan het.

Wat minder merkbaar is, is dat ouditkomitees 'n belangrike pilaar in korporatiewe oorsigbestuur is en 'n sleutelrol kan speel om sommige van die bogenoemde uitdagings by munisipaliteite aan te spreek. Ouditkomitees wat as 'n subkomitee van 'n raad aangestel word, moet gewaardeer word as 'n hulpbronryke ondersteuningsmeganisme om rade se vaardighede te verbeter en om bestuur op die terreine waar daar 'n gebrek aan vaardighede is, te verbeter. Dit sluit finansiële bestuur, prestasiebestuur, interne kontroles, risikobestuur en verbeterde oorsigbestuur in.

Indien die aanstelling van ouditkomitees by munisipaliteite dan egter 'n wetgewende vereiste is, is die vraag waarom is hul oorsigbestuur en raadgewende rol ondoeltreffend? Speel hulle bloot 'n seremoniële rol om die munisipaliteit wettig te maak, eerder as 'n substantiewe rol? Indien dit die geval is, watter soort ouditkomiteepraktisyn is nodig en watter tipe praktyke moet gevolg en geïmplementeer word om te verseker dat doeltreffende ouditkomitees tot beter oorsigbestuur bydra?

Dit is maar net van die vrae wat dr Mariaan Roos*, 'n dosent in die departement Rekeningkunde en Ouditkunde by die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch (US), in haar onlangse doktorale studie in Publieke en Ontwikkelingsbestuur aan die US probeer beantwoord. Klik hier om haar volledige artikel te lees.​