Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stem vir Stellenbosch se innoverendste idees
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 29/10/2020

Die afgelope paar maande het Stellenbosch se blinkste en innoverendse denkers hul beste idees ingestuur vir nuwe sakemodelle en prosesvloei om die lewens van die dorp se plaaslike inwoners en die omgewing te verbeter. Dit is alles danksy die eerste Idees vir Verandering Uitdaging wat Stellenbosch Netwerk georganiseer en die Universiteit Stellenbosch geborg het. Die uitdaging poog om kreatiewe, innoverende en skaalbare idees te bemagtig om toeganklikheid in die afgeleë werkswêreld te verhoog. Na baie beraadslaging het die beoordelaars hul topdrie finaliste aangekondig wat nou op 'n sosiale media peiling gaan meeding vir die kans om die prysgeld van R20 000 los te slaan en as wenner te seëvier.

“COVID-19 het ons gedwing om die manier waarop ons leef en werk te ondersoek. Nêrens kom dit meer voor as op Stellenbosch nie waar tradisionele modelle om sake te doen nodig was om aan te pas by nuwe en innoverende werkswyses. Dit was 'n uitdaging, maar deur vooruitskouende denke onder plaaslike inwoners om probleme hier op te los, kan ons verseker dat die dorp in staat is om volhoubaar vorentoe te vorder," sê Hanli Brink, Stellenbosch Netwerk se Operasionele Bestuurder en organiseerder van die uitdaging.

Finalis Matjaka Ketsi het vir haar plek in die topdrie verseker met die idee om afgeleë en minderbevoorregte gemeenskappe van sonkrag-leerkantiene te voorsien. Elke kantien word toegerus met interaktiewe leermateriaal om jongmense aan te moedig om by hernubare energie betrokke te raak. Vir ekstra inkomste, sal die kantiene sonlampe, laaiers en verwarmers koop en ook laaistasies vir toestelle beskikbaar stel.

Zani Mouton het 'n oplossing voorgestel vir die verkeer- en parkeerprobleme in Stellenbosch. Dit behels die skep van 'n parkeer-en-ry-deeltoep vir Stellenbosh wat gebruikers sal lei na beskikbare parkeerplekke in die dorp. Rekeninge sal aan die bestuurder se nommerplaat gekoppel word en die toep sal gebruik word om vir parkering te betaal deur 'n bankkaart of SnapScan. Sodoende sal die toep die verkeervloei in Stellenbosch help optimiseer en die betaling vir parkering digitaliseer.

Launga Momoza wil Basket ontwikkel – 'n besigheid-tot-besigheid e-handel platform wat plaaslike boere met nabygeleë groothandelaars en kleinhandelaars sal verbind. Die toep sal help om plaaslike verskaffingskettings te digitaliseer met die doel om toegang tot die mark te verbeter deur 'n deursigtige, kommunikatiewe en gekoppelde bestuursplatform vir koop en verkoop te bied, spesifiek vir vinnig bewegende verbruikersgoedere.

“Dit is fantasties om te sien dat vanjaar se deelnemers baie prakties en realisties was. Hulle was gefokus was op die mees onmiddellike behoeftes van die dorp. Alhoewel hul idees in verskillende ontwikkelingsfases is, toon die meeste van hulle baie potensiaal is dit relevant vir Stellenbosch. Ek beveel sterk aan dat alle deelnemers met die munisipaliteit gaan praat, want selfs as hulle nie wen nie, kan hul idees steeds getoets en geïmplementeer word," sê Dr. Leslie van Rooi , die senior direkteur vir sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch en beoordelaar by hierdie jaar se kompetisie. “Dit was 'n eer om deel te wees van hierdie uitdaging, wat suksesvol die potensiaal van innovasietenks toon om die behoeftes van Stellenbosch te bevorder en die moontlikhede vir plaaslike inwoners en die ekonomie te bevorder. Dit is 'n fantastiese manier om te delf in die ideebron van die plaaslike bevolking."

“Omdat Stellenbosch so 'n bedrywige stad is waar baie dinge gelyktydig aan die gang is, kan dit moeilik wees vir ontluikende entrepreneurs sonder middele en verbintenisse om raakgesien te word. Dit beteken dat baie potensiële goeie idees en geleenthede verlore kan gaan. Die Idees vir Verandering-uitdaging het ons gehelp om innoverende idees te ontdek en te ontsluit wat moontlik nooit na vore sou gekom het nie. Dit toon ook die diepte en rykdom van Stellenbosch se mense, wat saam met organisasies soos die Stellenbosch Netwerk, Ranyaka en die Universiteit Stellenbosch, 'n sterker en meer inklusiewe dorp sal maak," sê Johan Olivier, die direkteur van Ranyaka en ook 'n beoordelaar by vanjaar se uitdaging.

Almal wat vir hierdie jaar se wedstryd ingeskryf het, het die geleentheid gekry om 'n meesterklas in waardeproposisie en ontwerp deur Anton Pretorius van Sologix by te woon. Hierdie meesterklas sal deelnemers help om hulle idees tot uitvoering te bring.

Met die topdrie finaliste wat nou aangekondig is, vra Stellenbosch Network dat die inwoners van Stellenbosch en omstreke moet stem vir wie hulle dink die wenner moet wees. Om te stem, kliek hier.

Vir meer inligting, besoek https://www.stellenboschnetwork.co.za/

Bietjie meer oor die Stellenbosch Netwerk:

Die Stellenbosch Netwerk is 'n kruissektor en interdissiplinêre lidmaatskaporganisasie wat mense uit die bedryf, regering, gemeenskap en die akademie byeenbring met die doel om idees te deel, verbintenisse te smee en samewerking en vennootskappe aan te moeding vir inklusiewe ekonomiese groei in die groter Stellenbosch gebied.