Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#Researchforimpact: Kampusgebaseerde selfdoodvoorkoming is dringend nodig by universiteite
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 15/10/2020

Die behoefte aan effektiewe kampusgebaseerde selfdoodvoorkomingsprogramme aan universiteite word beklemtoon in 'n studie wat deur 'n span navorsers in die US se Departement Sielkunde en Psigiatrie gedoen is. Die navorsingspan het bestaan uit dr Wylene Saal, dr Elsie Breet, prof Christine Lochner en Janine Roos, onder leiding van prof Jason Bantjes.

Data wat van eerstejaarstudente aan die US en die Universiteit van Kaapstad versamel is, het getoon dat 30,6% die afgelope twaalf maande gedagtes oor selfdood ervaar het, terwyl 1,6% 'n selfdoodplan gemaak het, en 2,4% selfdood probeer pleeg het. Hierdie syfers is aansienlik hoër as wat gewoonlik in die land se algemene bevolking voorkom.

Lees meer hier​