'n Alternatiewe ekonomiese strategie vir Suid-Afrika, wat deur dr Nthabisent Moleko en prof Mark Swilling voorgestel is, kan Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) binne tien jaar laat verdubbel, tien miljoen mense uit armoede ophef en werkloosheid teen 2030 met tweederdes tot 12% verminder.
Hierdie strategie is daarop gemik om beter ooreenstemming tussen Suid-Afrika se ekonomiese beleid en die grondwetlike verbintenis te verseker ten einde die skeidings van die verlede te genees en om 'n samelewing gegrond op sosiale geregtigheid en die regstelling van strukturele ekonomiese ondoeltreffendhede en ongelykhede te vestig.