Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#Researchforimpact: Ondersteuning van geestesgesondheid onder adolessente
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 13/10/2020

Navorsing rakende adolessente het die afgelope jare 'n internasionale prioriteit geword, aangesien die wêreldwye gemeenskap streef na die bereiking van die ambisieuse VN-doelwit vir volhoubare ontwikkeling om "welstand vir almal, op alle ouderdomme" te bevorder.

Adolessensie is 'n belangrike fase van ontwikkeling wat ingrypende gevolge vir die ontwikkeling van mensekapitaal in die volwassenheid inhou. Baie adolessente word egter groot in onstabiele omgewings waar hulle blootgestel word aan armoede, mishandeling en 'n gebrek aan ondersteuningstelsels. Dit stel hulle in gevaar om geestesversteurings te ontwikkel en om riskant op te tree soos dwelmmisbruik en geweld.​


Lees meer hier​