Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se top studente met Rektorstoekennings vereer
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie [Rozanne Engel]
Gepubliseer: 02/10/2020


Die Universiteit Stellenbosch (US) se top studente wat op verskillende terreine soos die akademie, leierskap en sosiale impak uitgeblink het, is Donderdagaand (1 Oktober 2020) tydens 'n aanlyn geleentheid met Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie vereer.

Prof Wim de Villiers, die US se Rektor en Visekanselier, het in sy openingstoespraak gesê studentesukses was nog altyd vir hom 'n belangrike prioriteit sedert hy in 2015 Rektor geword het.

“Sonder studente is daar nie 'n universiteit nie, maar so sal daar ook nie 'n universiteit sonder personeel wees nie. Ons het mekaar dus nodig om van die wonderlike geleenthede gebruik te maak wat hoër onderwys ons bied – die geleentheid om ons gedagtes te verbreed en om lewens te verryk, nie net ons eie nie, maar ook om 'n positiewe invloed op die samelewing oor die algemeen te hê," het De Villiers gesê.

Die US se Viserektor: Leer en Onderrig, prof Arnold Schoonwinkel, het al die ontvangers gelukgewens en gesê die US is trots daarop om ontwikkelingsgeleenthede binne en buite die klaskamer aan studente te bied.

“Ons voel werklik geëerd om tyd saam met sulke uitmuntende jongmense te spandeer. Hulle het 'n positiewe verskil by die Universiteit Stellenbosch gemaak deur uitnemendheid op verskeie terreine van die studentelewe te toon en hulle sal waarskynlik beduidende bydraes in ons land en elders lewer," het Schoonwinkel gesê.

Renaldo Schwarp, wat die Studenteraad-toekenning vir uitsonderlike alumni van die uitgaande SR-voorsitter, Lewis Mboko, ontvang het, het as geleentheidspreker opgetree.

Schwarp is 'n digitale mediaspesialis, radio-omroeper en bekroonde televisie-aanbieder en vervaardiger wat in 2012 sy BA-graad (Drama en Teaterstudies) aan die US behaal en in 2013 sy Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi het.

Met meer as agt jaar se ondervinding op verskeie platforms binne die Suid-Afrikaanse medialandskap en uitsaaiwese, is hy tans die digitale hoof by Jacaranda FM, een van die Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasies. Hy was een van die Mail & Guardian se Top 200 Jong Suid-Afrikaners in 2019 en het 'n Koker-jeugtoekenning by die Afrikaanse Taalraad se 2019-Kokertoekennings ontvang.

Schwarp het in sy toespraak die studente gelukgewens en aangemoedig om “outentiek" te wees en beheer te neem van hul lewensverhale sodat hulle meer veerkragtig kan word en dit kan volhou.

“Om gelukkig en met hart en siel te leef, het deels te daarmee te doen om jouself (jou storie) volledig gesien te laat word. Deur my storie te aanvaar – alles daarvan – het ek besef wie ek werklik is en wat my doel as 'n jong queer Afrikaan is. Die oomblik toe ek eerlik was oor wie ek is, wat ek wil doen en waarheen ek op pad is, het die sterre in lyn geval."

Schwark is in 2019 Schwarp erken vir sy volgehoue en diepsinnige werk om LGBTI+ en bruin narratiewe regoor Suid-Afrika te hervorm. In 2019 was hy die uitvoerende vervaardiger en regisseur SKEEF: Die Dokumentêr, 'n onafhanklike film wat internasionale erkenning ontvang het oor die geleefde ervarings van LGBTI+ Suid-Afrikaners.

“Een van die grootste lesse wat ek deur die jare geleer het, is dat die oukei is om te sê, 'ja, ek het goeie werk gedoen' of 'ek dink daardie pos sal my uitstekend pas', en 'ja, ek verdien hierdie toekenning', want daar moet geen plek in jou verhaal wees vir jou om jouself klein te hou nie. Hoe gouer ons as jongmense, as Afrika-jeug, besef dat outentiekheid die geboorteplek van konneksie is, hoe beter. Om jou krag, jou vaardighede en wat jy aan die wêreld kan bied, jou eie te maak, is een van die grootste eienskappe wat jy ander kan gee," het Schwarp gesê.

Die volgende studente het die US-medalje vir die top meestersgraadstudent ontvang: Esethu Monakali (Lettere en Sosiale Wetenskappe), Sarah Selkirk (Natuurwetenskappe), Alexandra Rust (AgriWetenskap), Willem Wilken (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), Juletha-Marie Dercksen (Regsgeleerdheid), Ashwin Thyssen (Teologie), Marno du Plessis (Ingenieurswese), dr Johan de Wet (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) en Mariana Clift (Opvoeding).

Die ander studente wat toekennings vir ko-kurrikulêre prestasies ontvang het, was:

Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie in Kultuur: Amber Dawn Fox-Martin

Rektorstoekenning vir Uitnemende Sosiale Impak: Emer Butler, Afua Duah, Eugene Greyling, Mlungisi Khumalo en Luigia Nicholas

Rektorstoekenning vir Uitnemende Diensverskaffing: Anthony Andrews, Melt Hugo, Danyca Breedt en Taydren van Vuren

Rektorstoekenning vir Uitnemende Leierskap: Wamahlubi Ngoma, Ntsako Mtileni, Bradley Frolick, Zimbili Sibiya, Zintle Tunce, Akhona Xotyeni, Louiso du Pisanie, Ella Van Rensburg, Tebogo Mphahlele, Mokgeseng Ramaisa, Azhar Nadkar en Kristan Sharpley

Die volgende studente van hierdie fakulteite het ook toekennings vir uitnemendheid vir hul akademiese prestasies ontvang:

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe:

  • Hanne Mertens
  • Jamie Stolk
  • Willem Odendaal
  • Benjamin Rayner
  • Karo Van Zyl
  • Cayley Tarr
  • Tyron Cameron
  • Meshaan Adelhelm
  • Bianca Theron
  • Kirsten Dennis
  • Daniel Claassen
  • Michael Steyn

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe:

  • Dylan Thwaits
  • Liesl Lamprecht
  • Cameron Williams
  • Marguerite Ewert
  • Kristen Harding
  • Keilidh Clapperton
  • David Wolfswinkel
  • Tessa Collington-O'Malley

Fakulteit Ingenieurswese:

  • Marco Ribeiro
  • Hans Zietsman
  • Daniel Van Niekerk
  • Tessa Hall
  • Aidan Biet
  • Chrystal Udall

Fakulteit Regsgeleerdheid:

  • Ferdinand Botha
  • Reshard Kolabhai

Fakulteit AgriWetenskappe:

  • Heinrich Geldenhuys
  • Juan Sebastian Nieto Lawrence
  • Carla Dippenaar

Fakulteit Natuurwetenskappe:

  • Dario Trinchero
  • Conrad Strydom
  • Jacobie Mouton
  • Bryce John Foster
  • Michael-Phillip Smith

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe:

  • Inge Du Toit
  • Brandon Franckeiss
  • Saskia Louw
  • Isabelle Koeul
  • Misha Erasmus
  • Anja Kruger

Fakulteit Opvoedkunde:

  • Mariana Clift

Fakulteit Teologie:

  • Karla Smit
  • Micaela Wahl