Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US skitter met navorsing- en innovasiebestuurstoekennings
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 21/09/2020

Vier personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) 6 Augustus 2020 gesogte toekennings ontvang vir hulle bydrae tot navorsing- en innovasiebestuur in Suider-Afrika by die jaarlikse DWI/SARIMA (Departement van Wetenskap en Innovasie/Southern African Research and Innovation Management Association) Uitnemendheid in Navorsing en Innovasie toekennings. Hierdie toekennings erken en moedig groei en prestasie aan in die veld van navorsing- en innovasiebestuur as `n kern instaatsteller van navorsing en innovasie uitsette en impak. Die wenners is bekendgemaak by die jaarlikse SARIMA konferensie wat hierdie jaar vitueel plaasgevind het op 4-6 Augustus.

Toekennings vir Vroeë Loopbaan Uitnemendheid

Hierdie toekennings erken individue wat nuwelinge tot die navorsingsbestuur of innovasiebestuur professie is, met minder as 5 jaar ervaring in hulle rolle. Genomineerdes moet prestasie demonstreer binne hulle eie organisasie, en verbeteringe aangebring het tot prosesse/sisteme wat bydra tot die posisie van hulle afdeling. Daar moet verder skakeling met die breër navorsing en innovasie bestuur gemeenskap wees deur betrokkenheid in relevante werkswinkels, kursusse en konferensies.

Aden Williams (Navorsingsetiek Hulptoonbank, Afdeling Navorsingsontwikkeling) het die DWI-SARIMA toekenning vir Vroeë Loopbaan Uitnemendheid in Navorsingsbestuur ontvang. Aiden het die toekenning ontvang vir die beplanning en produksie van aanlyn tutoriale vir die aanlyn aansoeke vir navorsingsetiek klaring, inisiatiewe in die klaringsproses en opdatering van gebruikershandleidings en hulpgidse vir aansoekers, die opstel van `n effektiewe hulptoonbank rol en die vestiging daarvan as `n integrale deel van die navorsingsetiekfunksie aan die US. Aiden verskaf bystand aan navorsers, nagraadse studente en NEK beoordelaars in die navigasie van die NEK aansoek- en beoordelaarsportale. Hy het ook deelgeneem aan die Strengthening of Collaboration, Leadership and Professionalisation in Research Management in SADC and EU Higher Education Institutions (SToRM) projek, wat befonds is deur die EU se Erasmus+ Program, en beste praktyk riglyne m.b.t. NEK gedeel.

Camille de Villiers (Tegnologie Oordragbeampte: Innovus) het die DWI-SARIMA toekenning vir Vroeë Loopbaan Uitnemendheid in Innovasie Bestuur ontvang. Camille is al byna drie jaar by Innovus. In hierdie tyd het sy die eerste US Hackathon voorgestel, fondse daarvoor gewerf en dit gevestig as `n permanente geleentheid op die US kalender. Sy het ook die vestiging behartig van `n nie-winsgewende afwentel-maatskappy, Stellenbosch Network, wat `n ordegrootte van R1 miljoen vir 2019/2020 ingesamel het. Sy het in 2019 die IE beskerming, patentvervolging, en kommersialisering van meer as 20 projekte by Innovus aftief en doeltreffend bestuur. Twee van hierdie projekte is tans in besigheidsinkubasie met die doel om as afwentel-maatskappye te stig in die nabye toekoms. Verder het sy `n beduidende bydrae gelewer tot die uitbreiding van die US se Translational Fellow (TF) program, wat gelei het tot die verhoging in die waarde van die US se innovasie pyplyn, terwyl sy ook aktief betrokke is by die US se Entrepreneurship Roundtable (ERT), wat akademiese en ondersteuningspersoneel van verskeie afdelings binne die US bymekaarbring.

Toekennings vir Professionele Uitnemendheid

Hierdie toekennings erken individue wat sewe jaar of minder in die professie is, en `n toenemende bydrae maak tot hulle eie organisasie en die navorsing en innovasiebestuur gemeenskap oor `n tydperk. Bykomend hiertoe, moet die persoon `n toenemende breë bydrae tot die professie demonstreer. Dit sluit in spesifieke inisiatiewe en uitnemende prestasie binne sy/haar eie organisasie, die uitbou van die prosisie van sy/haar afdeling, `n beduidende bydrae tot die ontwikkeling van die professie en die dien op verwante komitees of forums.

Marilyn Sikade (Koördineerder: Navorsingskontrakte, ANO) ontvang die DWI-SARIMA toekenning vir Professionele Uitnemendheid in Navorsingsbestuur. Marilyn het `n kritiese rol gespeel in die koördinering en finalisering van `n Omsigtigheidsondersoek wat gelei het tot die befondsing vir die US as `n eerste ontvanger van die UnitAid, tot die waarde van +/- R330m. Sy het ook `n maatstafstudie oor beste prakyk rakende omsigtigheidsondersoeke onderneem deur verskeie universiteite in die EU te besoek en neem aktief deel aan die US Navorsingskontrakte kantoor se jaarlikse werkswinkels, wat vir navorsers sowel as fakulteitsbestuur aangebied word. Meer as 300 navorsers het hierdie werkswinkels bygewoon oor die afgelope paar jare.

Toekenning vir Uitstaande Bydrae

Hierdie toekenning erken individue wat alreeds `n uitstaande bydrae tot die professie gemaak het. `n Spesifieke bydrae moes gemaak gewees het in die beoordelingsperiode, maar nominasies word gemaak t.o.v. leiers in hulle onderskeie velde, wie erken word buite hulle organisasie vir hulle breë bydrae tot die professie oor baie jare, insluitende bydraes tot kennisproduksie en mentorskap.

Madelein Kleyn (Direkteur: Tegnologie Oordrag, Innovus) is meer as 27 jaar in die IP-beroep en het onlangs tot die tegnologie-oordragprofessie by die universiteit (Innovus) toegetree. Sy het die DSI-SARIMA-toekenning vir uitnemende bydrae tot die Innovasiebestuursprofessie ontvang. Sy het die toekenning ontvang vir haar indrukwekkende betrokkenheid tydens die stigting van twee onlangse afwentelmaatskappye, kontraktuele onderhandelinge; sy het ook erkenning ontvang vir die oprigting van die IP-departement en Hoof IP Regsadviseur vir SASOL (1995); die vestiging van 'n IP en regsafdeling in 'n internasionale maatskappy as Groepbestuurder – IP en Legal vir Oro Agri International Ltd (2010). Madelein blink uit in die balansering van verhoudings tussen die TTO, fakulteite by die universiteit en eksterne vennote. Gedurende 2019 het sy ook verskeie IP geleenthede organiseer soos die Wêreld IP-dag vir LES en die SU gereël; verskeie kursusses vir lisensiering en kommersieliasering van IE. Sy dien op verskeie komitees: LES (Lisensie-uitvoeringsvereniging- Suid-Afrika) of waarvoor sy ook die President LES Suid-Afrika is (waarvoor sy onlangs 'n internasionale toekenning ontvang het vir haar bydrae tot lisensiebek-professionele persone); LES Internasionaal Lid en Mede-voorsitter Patent en TegnologieLisensiëring Komitee en Ondervoorsitter LESI Leierskap Komitee, onder andere.

 

In reaksie op hierdie prestasies het dr Therina Theron, Senior Direkteur: Rese aarts en innovasieby die DRD, en president van SARIMA gesê: “Ons is baie trots op die wenners van die US, wat die uitstekende werk verteenwoordig wat gedoen word in navorsing- en innovasiebestuur binne ANO en InnovUS respektiewelik. Hierdie toekenninghouers speel `n kritiese rol in die US se visie om een van die leidende navorsingsintensiewe universiteite in Afrika te wees. Dit is `n wonderlike erkenning van hulle harde werk en toewyding, en die toekennings bevorder verder die US se reputasie as `n navorsingsvennoot en plek van keuse".

​ 

MEER OOR SARIMA

Die Southern African Research and Innovation Management Association is in 2002 gestig as `n organisasie wat `n platform bied vir die bevordering en fasilitering van beste praktyk in navorsing en innovasie bestuur in Suider-Afrika. Dit versterk die navorsing en innovasie sisteem vir die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die Suider-Afrika streek. Vir meer inligting, besoek www.sarima.co.za