Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Simposium sal uitwerking van COVID-19 op sosiale impak verken
Outeur: Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 21/08/2020
Die Afdeling vir Sosiale Impak (ASI) bied sy jaarlikse Sosiale Impak simposium vanjaar aanlyn aan en nooi studente en personeel om by hulle aan te sluit om die effek wat COVID-19 op sosiale impak plaaslik en wêreldwyd gehad het, te verken.

Dit vind plaas op Donderdag, 03 September 2020 van 09:00 tot 12:30.

“Ons wil studente en personeel insluit by die aanlyn-gesprek wat ons sal hê om ’n aantal kwessies te verken wat sosiale impak-inisiatiewe plaaslik en wêreldwyd geraak het. Ons wil verken hoe ons gedeelde en kollektiewe leer-ruimtes vir personeel en studente kan skep om sosiale impak-inisiatiewe tydens COVID-19 en daarna te verken, en die uitdagings ondersoek wat praktisyns en gemeenskappe tydens die COVID-19 pandemie in die gesig staar.”

“Daarbenewens wil ons hoor van studente en personeel terwyl ons geleenthede verken wat deur die pandemie geskep is vir sosiale impak-inisiatiewe plaaslik en wêreldwyd, en die lesse en insigte wat ons as personeel en studente geleer het deur ons ondervinding van die COVID-19 pandemie deel,” sê me Ernestine Meyer-Adams, Direkteur van die Afdeling vir Sosiale Impak. 

Met hierdie simposium, sê sy, wil die ASI verken watter soort ondersteuning benodig sal word vir sosiale impak-inisiatiewe in hierdie tyd en na die pandemie, veral wat betref toegewyde onderrig en leer, navorsing en burgerskap.

“Dit is belangrik vir ons om ook praktyk-gemeenskappe met mekaar in verbinding te bring deur hierdie simposium om samewerking rakende sosiale impak-inisiatiewe tussen studente-belangegroepe, studenteverenigings en die studentegemeenskap in die algemeen te verryk, om samewerking tussen fakulteite en fakulteit-departemente vir sosiale impak-inisiatiewe te versterk, en om ’n multi-dissiplinêre benadering te hê.”

Klik hier teen 31 Augustus 2020 om te RSVP vir die simposium. Nadat jy jou plek bespreek het sal ‘n skakel met die besonderhede per e-pos ‘n dag voor die tyd aan jou gestuur word om by die simposium aan te sluit via Microsoft Teams.

Vir meer inligting, kan personeel vir mnr Mawethu Nyakatya by nyakatya@sun.ac.za kontak terwyl studente vir me Michelle Pietersen by mpieters@sun.ac.za kan kontak.

Klik ​hier​ vir die program. ​