Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Innovus personeel verwerf internasionale tegnologie-oordrag status
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 19/08/2020

​Drie van Innovus se Tegnologie-oordagkantoor het internasionale erkenning verwerf as tegnologie-oordrag deskundiges van die Alliance for Technology Transfer Professionals. Joubert de Wet, Nolene Singh en Doris Peters bevind hulle nou in 'n uitgelese groep van net meer as 564 tegnologie-oordrag deskundiges met RTTP-status (Registered Technology Transfer Professional). Innovus het nou twee keer soveel RTTP deskundiges as die tegnologie-oordragkantoor wat tans tweede op die lys in Suid-Afrika is – net nog 'n bewys van hoe sterk hierdie span is.

RTTP is die internasionaal-erkende raamwerk wat die standaard stel vir tegnologie-oordrag deskundiges. Hierdie status is die professionalisering van tegnologie-oordrag as 'n loopbaan, en dit bied tegnologie-oordrag praktisyns erkenning vir die bereiking van 'n eweknie-geëvalueerde professionele vlak in hul loopbaan. RTTP impliseer ook ʼn verbintenis tot die professionele ontwikkeling en persoonlike uitnemendheid van 'n individu en gee erkenning aan die bereiking van wêreldklas-standaarde in die uitvoering van werk op hierdie gebied.

“RTTP weerspieël bekwaamheid," sê Anita Nel, Hoofdirekteur van Innovus. “Hierdie internasionale benaming is 'n bewys dat werknemers, kollegas en vennote getoon het dat hulle oor die kernvaardighede beskik om doeltreffend te werk op die gebied van tegnologie-oordrag en dat hulle oor voldoende ondervinding beskik om daadwerklik waarde toe te voeg gebaseer op hulle erkende baanrekord.  ​