Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voltooiing van die virtuele Bergrivier-kanomarathon!
Outeur: CHS Physiotherapy Practice
Gepubliseer: 16/08/2020

Prof Danie Brink, Dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe, het onlangs die veeleisende 4-dag, 240km Bergrivier-kanomarathon voltooi. Hierdie jaar is die 59ste jaar sedert die Bergrivier-kanomarathon aangebied word en wat strek vanaf Paarl tot by Velddrif. Alhoewel die marathon nie hierdie jaar kon plaasvind weens COVID-regulasies nie, is 'n virtuele-marathon, die Ultra Paddle, in die plek daarvan ingestel, waar roeiers dieselfde afstand in dieselfde aantal dae moes voltooi, vanaf enige plek in die wêreld!

 

Prof Brink was een van 10 roeiers van die Maties Kanoklub wat hierdie afstand voltooi het, ooreenstemmend aan die tradisionele Bergrivierroete. Hy het gesukkel om ten volle te presteer en het 'n Kampusgesondheid (KGD) Sport Mediese Dokter genader vir 'n telefoniese mediese konsultasie (die opsie gedurende Covid-19 grendeltyd reguasies) om die oorsaak en hantering van 'n moontlik onderliggende besering te bepaal, met die doel van marathondeelname voor oë. Hy is na die KGD Fisioterapiepraktyk verwys vir belangrike behandelingsmodaliteite in die algehele behandelingsplan. Met die wedren net om die draai het die fisioterapeute wat na Prof Brink moes omsien, geweet hulle het geen tyd gehad om te vermors nie! Met slegs 'n paar oefendae nog oor voordat die span vir die wedren sou vertrek, was beseringsrustyd glad nie 'n oorwegende opsie nie en behandeling moes voorrang geniet. Prof Brink het soveel as moontlik fisioterapiesessies in die toegelate tyd gehad en die belangrikste aspek was om hom toe te rus om in staat te wees om die besering op sy eie gedurende die wedren te bestuur.

 

Op die ou einde was die wedren baie moeilik, aangesien die rivier die eerste 2 dae baie vol en sterk gevloei het en die span gedwing is om by die omstandighede aan te pas. Dag 3 en 4 was ook nie veel makliker nie en hulle het 6-8 ure per dag geroei, waarvan die langste afstand, 73km, in een dag afgelê is. Op die ou einde het die span hulle wedren voltooi en Prof Brink was tevrede om te bevestig dat sy besering nie vererger het nie. Die behandeling wat hy ontvang het, het hom gehelp om die wedren sonder enige komplikasies te voltooi!

 

Die KGD Sport Mediese en Fisioterapie Span is baie opgewonde dat hulle deel kon wees van Prof Brink se voorbereidingsreis vir die wedren. Knap gedaan Prof Brink – ons wens hom alle voorspoed toe met toekomstige kanovaarte!

​