Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Endler Konsertreeks AANLYN EN ONTSLUIT
Outeur: Fiona Grayer
Gepubliseer: 16/08/2020

​Soos konsertaanbieders elders in die wêreld, moes ook die Endler Konsertreeks –  as deel van die Musiekdepartement aan die Universiteit van Stellenbosch – sy weeklikse konserte terughou as gevolg van COVID-19 en maatreëls in werking stel om die verspreiding van die virus te beheer. Kunstenaars en ander betrokkenes in die veld moet nou aanlyn-verhoë gebruik as tussentydse reëling  wat hulle minstens 'n mate van finansiële sekuriteit kan bied in hierdie tyd van werksgeleentheidsverliese, en terselfdertyd maniere te vind om kontak met hulle gehore te behou. 

Die Konsertreeks het dus die inisiatief geneem om konsertbeplanning vir 2020 te  hersien, en die beskikbare bronne te organiseer ten einde elke twee weke 'n aanlyn-konsert vir die tydperk van 23 Augustus tot Desember 2020, met student, alumni, dosente en ander plaaslike kunstenaars. Die artistieke direkteur Fiona Grayer stel dit sò: “Die plan is om die Endler konsertsaal lewendig te hou tot tyd en wyl ons terugkeer na die normale konsertlewe, sodat gehore professionele konserte in de veiligheid van hulle huise kan geniet". Sy kondig hiermee ook aan dat hierdie aanlynreeks veral die plaaslike inhoud sterk ondersteun, en dat sewe van die agt beoogde konserte werke van plaaslike komponiste aanbied. Daarbenewens word twee Kaapstadse komponiste, naamlik Hugo Veldsman en Matthijs van Dijk betrek vir die lewering van opdragwerke wat ons sal help om nuwe werke te skep wat selfs na hierdie krisis sal voortleef.

Grayer noem verder  dat die konserte gratis sal wees, maar donasies via SnapScan sal bydraend wees ten opsigte van kostes aangegaan vir die produksie en opnames van die konserte. Inkomste uit die konsert van die SU Jazz Band-konsert in September sal direk aan die welsynsorganisasie Stellenbosch Werksentrum vir gestremde volwassenes. Hierdie organisasie is 'n gereelde vennoot van die Jazz Band in die befondsing van die Sentrum. Die Jazz Band-konsert word ook ruim ondersteun deur SAMRO en ConcertsSA.

Dié konsertreeks voorsien 'n wye verskeidenheid musiek, insluitende selde gehoorde musiek van Nadia Boulanger en Rebecca Clarke. Die aanlyn-aanbieding is 'n nuwe wêreld vir die musiekindustrie –  aanbiedings kan op enige plek geproduseer word, en aan 'n wêreldwye gehoor beskikbaar gestel word. Die hoof-oogmerk is die veiligheid van die gehore, musici en studente. Dit is duidelik dat groot groepe nie veilig byeen kan kom vir konserte in die res van hierdie jaar nie. Grayer noem verder dat “… ons ondersoek instel na die moontlikhede van lewendige konserte deur kleiner departementele ensembles, maar hoop dat ons gehore ons sal ondersteun in die virtuele konsertsaal."

Vir meer gedetailleerde inligting oor skakels, datums en deelnemers, word belangstellendes aangeraai om www.endler.sun.ac.za of @sukonservatorium op Instagram te besoek, of die Stellenbosch Konservatorium se Facebookbladsy.