Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Postdoktorale Genootskapbeurs: Beliggaming in/en Nuwe Testament interpretasie
Outeur: Marita Snyman
Gepubliseer: 14/08/2020

NUWE TESTAMENT

Postdoktorale Genootskapbeurs: Beliggaming in/en Nuwe Testament interpretasie

3 jaar tydperk

Omvang van die navorsing: Die Fakulteit van Teologie, Universiteit Stellenbosch, kondig een postdoktorale genootskapsbeurs aan in die dissiplinegroep Nuwe en Ou Testament. Die navorsing fokus op die tema van liggaamlikheid in en met betrekking tot die interpretasie van die Nuwe Testament, met aandag aan sowel tekste as kontekste.

Vereistes: 'n Doktorsgraad in Nuwe Testament (verwerf binne die afgelope 5 jaar) * Uitstekende navorsingsvaardighede * Bewese akademiese ervaring, kundigheid en belangstelling ten opsigte van Nuwe Testament en die grondtale, met 'n spesifieke fokus op liggaamlikheid en aanverwante temas.

Pligte: Ontwikkeling en lewering van hoë kwaliteit navorsingsuitsette wat verband hou met die oorkoepelende tema van liggaamlikheid / beliggaming, in Nuwe Testament en ander toepaslike tekste, beide in die antieke en latere kontekste * Deelname aan die openbare aktiwiteite van die Fakulteit sover dit verband hou met die navorsingsfokus * Samewerking met die Kantoor vir Teologiese Navorsing en die Diensgroep Navorsing en Toerusting (Wes-Kaap SInode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk).

Datum van indiensneming: 1 Oktober 2020

Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 September 2020

Stuur 'n aansoekbrief, 'n volledige curriculum vitae, die name en kontakbesonderhede van ten minste twee referente, asook 'n artikel wat gebaseer is op u proefskrif of 'n kort opsomming (2-3 bladsye) oor die aard en strekking van u proefskrif aan:

Prof Jeremy Punt, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch, 7600, of per epos aan jpunt@sun.ac.za (voor of op 11 September 2020).

Navrae: Prof Jeremy Punt, tel 021 808 2615, epos jpunt@sun.ac.za