Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Madelein ontvang internasionale toekenning
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 24/06/2020

​Innovus se Direkteur Tegnologie-oordra, Dr Madelein Kleyn, het 'n Dienserkenningstoekenning ontvang vir haar dienste gelewer aan die Licensing Executives Society International (LESI), 'n hulpbron vir die lede van die lisensieberoep wat betrokke is kennisoordrag tussen inywerhede en universiteite of regeringsinstansies. Madelein is die president van LES SA.

Die vereniging is 'n nie winsbejagde-organisasie wat daarop gemik is om hoë professionele standaarde aan te moedig onder individue wat betrokke is by die oordrag en lisensiëring van tegnologie; om die lede te help hul vaardighede en tegnieke te verbeter deur lisensiëring deur selfopvoeding; bywoning van opvoedkundige aktiwiteite; en deur middel van inligtingsuitruiling op persoonlike vlak of by wyse van publikasies.

LES lig die publiek, die sakegemeenskap, en regerings- en internasionale liggame in oor die ekonomiese belangrikheid van tegnologie-lisensiëring en die belangrikheid van hoë standaarde wat in die veld vereis word. Die vereniging stel die jongste, mees akkurate inligting oor die tegnologielisensiëring aan sy lede beskikbaar.

Onder Madelein se presidentskap is die aktiwiteite van LES SA erken. Die nasionale vereniging is vir die eerste keer in die geskiedenis van LES SA genomineer vir twee toekennings: die toekenning vir die Mees Vooruitstrewende Vereniging van die Jaar en die Vereniging van die Jaar. LES SA het die toekenning vir die Mees Vooruitstrewende Vereniging van die Jaar ontvang.

Onder haar leiding het LES SA 'n Komitee vir Jong Lede en 'n Lewenswetenskaplike Komitee gestig opgerig. Elke komitee is onder voorsitterskap van LES SA-bestuurslede. Die vereniging het ook verskillende gevorderde kursusse vir lisensiëring aangebied wat Madelein, tesame met ander opleiers van LES SA, regoor Suid-Afrika aangebied het.

Madelein dien in die LESI-onderwyskomitee, die LESI-leierskapbestuurskomitee en medevoorsitter van die LESI-tegnologie- en patentlisensiëringskomitee.​