Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Virtuele konferensie ondersoek rol van kunste in vrede en versoening
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie [Rozanne Engel]
Gepubliseer: 18/06/2020


Die Universiteit Stellenbosch (US) was onlangs gasheer vir 'n internasionale konferensie met die tema, Art in Peace and Reconciliation: A Transnational Perspective. Dit is in samewerking met die Vereniging van Statebond-universiteite (ACU) aangebied om die rol van die kunste, in hul volle diversiteit, gebruik kan word om ruimtes vir genesing, gesprek, versoening en transisionele geregtigheid regoor die Statebond te skep.

Dit was eerste konferensie in sy soort wat saam met die ACU aangebied is en maak deel uit van die ACU se Vredes- en Versoeningsnetwerk. Die konferensie is aanlyn gehou weens die uitwerking van die COVID-19-pandemie.

Die Vereniging van Statebond-universiteite is 'n internasionale organisasie wat homself daaraan toewy om 'n beter wêreld deur hoër onderwys te bou. Internasionale samewerking staan sentraal in hierdie doelwit.

Die gratis aanlyn geleentheid het van die voorste akademici, navorsers, kunstenaars en professionele personeel van meer as 40 universiteite van regoor die Statebond byeengebring vir 'n reeks interaktiewe paneelbesprekings. Die bekleër van die navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie aan die US, prof Pumla Gobodo-Madikizela, in samewerking met prof Shaun Ewen van die Melbourne-universiteit en Alex Wright, die ACU se hoof van Openbare Betrekkinge, was die dryfkrag agter die reël van die konferensie. Al die tegniese logistieke reëlings vir die konferensie is deur die US waargeneem en deur Lidia du Plessis, Koördineerder: Personeelmobiliteitsprogramme, Sentrum vir Vennootskappe en Internasionalisering aan die US, gekoördineer. 

Aanbiedinge by die konferensie deur gevestigde navorsers, ontluikende vakkundiges en jong navorsers wat besig is met die voltooiing van hul doktorale studies, het gefokus op voorstellings van die verlede deur die kunste en teater as 'n etiese daad om trauma raak te sien wat moontlik nie net maniere om die verlede nie en die transgenerasionele gevolge daarvan in die hede te erken nie, maar ook die moontlikheid van alternatiewe vorme van teoretiese kennis kan bied.

Die voorsitter van die Statebond Vredes- en Versoeningsnetwerk en Rektor en Visekanselier van die US, prof Wim de Villiers, het in sy openingsrede gesê die konferensie kon nie op 'n beter tyd plaasgevind het, aangesien die hele wêreld tans teen rassisme, geweld en ongeregtigheid opstaan.

“Hierdie konferensie kom al 'n lang tyd aan. Dit spreek nie net die oorkoming van konflik in plekke soos Suid-Afrika, Noord-Ierland, Libanon en Sirië wat in verskillende grade deur verdeeldheid uitmekaar geskeur is, aan nie, maar dit vind ook plaas teen die agtergrond van die black-lives-matter (#BLM) protesaksies in reaksie op die wrede dood van George Floyd in Minnesota in die VSA."

Die ACU se Vredes- en Versoeningsnetwerk strewe daarna om diegene wat in vrede en versoening belang stel, met mekaar in verbinding te bring en te ondersteun, deur samewerking en die deel van benaderings tot die praat van waarheid en versoening in die samelewing en binne universiteite self te fasiliteer.

Volgens prof De Villiers is die US daartoe verbind om op 'n plaaslike, streeks-, kontinentale en wêreldwye vlak met belanghebbers en die Universiteit se vennote in gesprek te tree en saam te werk.

“Wat ook al in die wêreld gebeur, vorm ons as instellings en wat op ons kampusse – hetsy fisiek of virtueel –  gebeur, maak vir die wêreld saak. Ons is almal deel van iets groters. Transnasionale samewerking is baie belangrik vir die Universiteit Stellenbosch. Ons het vir onsself die visie ten doel gestel om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te word van wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis in diens van die samelewing bevorder," het prof De Villiers gesê.

prof Gobodo-Madikizela; prof John Brewer, professor in Post-konflikstudies by die Senator George J Mitchell Instituut vir Wêreldwye Vrede, Sekerheid en Geregtigheid aan die Queens-universiteit, Belfast; en prof Ewen, Pro-visekanselier (inheems) en Stigtingdirekteur van die Melbourne Poche Sentrum vir Inheemse Gesondheid aan die Universiteit van Melbourne en besoekende professor in Inheemse Gesondheid aan Kingskollege in Londen was deel van die paneel sprekers by die openingsessie.

Prof Gobodo-Madikizela se aanbieding het gekyk na “Herstellende Humanisme" en die belangrike rol wat dit speel in die manier waarop mense aansluiting kan vind en deernis vir mekaar se traumas kan toon. Sy het ook die belangrikheid van Ubuntu in “die herstel van gebrokenheid" en die bewerkstelliging van versoening beklemtoon.

Prof Brewer het in sy aanbieding die soeklig op die uitwerking van trauma oor generasies heen in families laat val. Hy glo “tyd laat nie genesing plaasvind" in tweede en derde generasies van traumaslagoffers nie, weens onopgeloste maatskaplike ongelykheid en geregtigheid.

Prof Ewen het in sy aanbieding die belangrikheid van reparasies van plek ondersoek en gesê dit moet 'n kerndeel by universiteit wees aangesien baie instellings op inheemse grond wat die vestiging van baie universiteite voordateer, geleë is.

“Sonder reparasies is die sosiale kontrak tussen 'n universiteit en die plaaslike gemeenskap wat aan die instelling die reg om te opereer verskaf, baie swak. Reparasies van plek as 'n konsep hou baie belofte vir universiteite in namate hulle met hul plekgebaseerde gemeenskappe in gesprek tree en sal help om n outentieke reg om te opereer, te ontwikkel," het prof Ewen gesê.

Die anders sessies by die konferensie het onderwerpe soos die probleme in Noord-Ierland van 1969–1999 ingesluit, wat sowat 3 600 sterftes en meer as 40 000 beserings tot gevolg gehad het. Een van die paneelbesprekings het oor historiese trauma in Suid-Afrika gehandel en in nog 'n sessie is daar gekyk na profiellesse uit die “voorgestelde toekoms"-projek, 'n wêreldwye kruisdissiplinêre samewerking wat op argiewe as onderhandelings oor visies van die toekoms fokus, om te ondersoek wie se storie sal voortleef en hoe en wie in oomblikke van ná-konflikse ontworteling en heropbou stilgemaak word.

Daar was ook 'n paneelbespreking wat na die universiteit as 'n plek vir hervorming om vrede en versoening te bevorder, asook na die rol van die kunste en die implikasies van dekoloniseringsmetodiek in leer en onderrig, navorsing en gesprekvoering gekyk het, wat ondervindings in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en inheemse setlaar-kontekste in Australië en Nieu-Seeland ondersoek het.

Opnames van die konferensiesessies sal op aanvraag beskikbaar wees aan almal wat geregistreer het.

Vir verdere inligting oor die ACU, klik hier om die webwerf te besoek.