Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
COVID-19: waar daar ʼn politieke wil is, is daar ʼn weg om oor sektors te werk
Outeur: Lungiswa Nkonki & Sharon Fonn
Gepubliseer: 14/05/2020

Hierdie artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn. Lees die volledige artikel hier.

 

Suid-Afrika se eerste geval van die koronavirussiekte (COVID-19) is op 5 Maart 2020 aangemeld. In die daaropvolgende weke het die land beslissende, sterk leierskap van president Cyril Ramaphosa gesien. Dit het ook beduidende, belangrike en nodige koördinering tussen verskillende ministeries te weeg gebring. Dit sluit in onderwys, reg, gesondheid, handel en industrie, vervoer, openbare werke en infrastruktuur en finansies.