Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Fakulteite werk saam om Bishop Lavis-gemeenskap te help
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 06/05/2020

Party uitdagings is net eenvoudig makliker om saam op te los. Dit is die geloof wat die basis vorm van die nuwe inter-fakulteit samewerkingsprogram, wat daarop gemik is om lewensioriënteringsprogramme aan te bied aan hoë-risiko kinders in die Bishop Lavis-gemeenskap. Hierdie inisiatief, wat die SLEAK-projek heet, bou voort op 'n bestaande projek wat in 2008 deur die Afdeling Arbeidsterapie by die Universiteit Stellenbosch (SU) se Fakulteit van Geneeskunde en Gesondeidswetenskappe (FGGW) van stapel gestuur is.

Lede van drie verskillende SU fakulteite – die Afdeling Arbeidsterapie, Maties Sport en Teologie – sal nou kragte saamsnoer in die uitgebreide program wat vele fasette behels. Dit is danksy die befondsing van die Universiteit se Afdeling van Sosiale Impak.

Die program sal drie keer per week plaasvind, in vier fases van ses weke elk, en sal 'n wye reeks temas aanspreek wat deeglik gebruik maak van die vaardighede en insette van die drie fakulteite. Die 24-week program is verdeel in tema-geabseerde blokke van ses weke elk.

Dr Martin Heine by die FGGW se Instituut vir Sport- en Oefeninggeneeskunde (ISOG), wat aan die stuur is van die uitbreidingsprogram deur sy werk by die Afdeling vir Sosiale Impak, het gesê dat die uitgebreide program in Februarie begin het met omtrent 15 kinders. “Aanvanklike reaksies is baie positief. Die terugvoer is dat die kinders dit baie geniet en dat hulle met entoesiasme aan die program deelneem. Ons is heeltemal op dreef en verwag om te groei."

Heine sê dat een van die hoofdoelwitte van die onderneming is vir die Afdeling vir Sosiale Impak om die moontlikheid van 'n meer interdissiplinêre sosiale-impak aktiwiteit te ondersoek. “Soos byvoorbeeld 'n tuinbouprojek waar mense hulle eie groente kweek as deel van arbeidsterapie, waar hulle ook kan baat vind deur die insette van 'n dieetkundige oor hoe om die groente op 'n gesonde manier te gebruik, of by die Landbou-departement oor hoe om groente te kweek in ongewings waar spasie en water beperk is," het Heine verduidelik.  “In die praktyk, egter, bestaan daar moontlik struikelblokke wat dalk hierdie tipe samewerking kan belemmer. Wat ons doen is om interdissiplinêre werk te ondersoek wat moontlik sal wees in Bishop Lavis sodat ons die inter-fakulteit werk verder kan evalueer vir toekomstige inisiatiewe."

Die program sal steeds spesifieke temas aanspreek (soos byvoorbeeld respek, deursettingsvermoë, toekomsdrome, leierskap) deur die verskillende “lense" en kundigheid van die verskillende fakulteite. Elke beroepsrigting speel 'n spesifieke rol om hierdie vaardighede in ander te ontwikkel, en elkeen gebruik sy eie metodiek. “Ons sal byvoorbeeld elke tema van naderby beskou deur konstruktiewe ontspanningsaktiwiteite (Arbeidsterapie); deur sport en spel  (Maties Sport), en deur aktief betrokke te wees by familestrukture (Teologie)," het Heine verduidelik. “Ons glo dat om die drie dissiplines te hê wat saamwerk aan 'n spesifieke onderwerp 'n groter impak sal hê op die kinders, die studente, en die vrywilligers, as wat ons andersins sou bereik het as ons net met behulp van een dissipline die projek aangepak het."

“Met die afloop van elke tema, sal ons die kinders en die vrywilligers neem na Maties Sport op die Stellenbosch-kampus sodat hulle kontak kan hê met die studente-atlete. Vir baie kinders sal dit die eerste keer wees wat hulle Bishop Lavis verlaat en dit sal hulle perspektief verbreed." Heine het gesê die program het tot stand gekom deur sy wyer betrokkenheid in Bishop Lavis, beide deur sy akademiese werk, asook deur middel van gesprekke tussen die universitiet en die Stad Kaapstad in verband met die burgemeester se stedelike herlewingsprogram wat op Bishop Lavis gemik is."

“In ons gesprekke met die Stad het ons hulle planne bespreek om 'n algemene welstandsentrum in Bishop Lavis te ontwikkel. Ons het alreeds 'n geruime tyd ons diensleerplatform daar vir studente (>25 jaar) in die vorm van die Bishop Lavis Rehabilitasie-sentrum, maar welstand is 'n ander konsep as gesondheid.  'Welstand' is heelwat breër, en meer gefokus op verdere sosiale bepalers van gesondheid (soos byvoorbeeld armoede). Dit het die moontlikheid daargestel om meer universiteitsbelanghebbendes te betrek as net diegene van die gesondheidswetenskappe."

Die Afdeling vir Sosiale Impak het Heine die taak gegee om hierdie interdissiplinêre platform vir sosiale impak verder te ondersoek en om gesprekke te voer met die Stad Kaapstad, asook met interne en eksterne belanghebbendes.

“Dit is hoe hierdie projek tot stand gekom het. Dit is 'n uitvloeisel van en 'n toetssaak vir die idee dat in die toekoms daar 'n platform kan wees om meer dissiplines te huisves as bloot die konvensionele 'gesondheids-dissiplines'. Dit kan dien as 'n groter katalisator vir sosiale impak, met behulp van verskillende studente en beroepe en gemeenskapslede wat saamwerk.

“Die idee is dat sosiale impak nie iets is wat in silo's moet gebeur nie."

Maatje Kloppers van die Afdeling Arbeidsterapie het gesê dat die projek geïnisieer is deur studente en vrywilligers uit die gemeenskap in die jaar 2008. “Tot hierdie vennootskap gevorm is, was die projek selfonderhoudend in terme van finansies – met ons kinders en mede-werkers wat doppies van plastiekbottels herwin het om ons lopende kostes te dek. Die Sosiale Impak-projek is 'n loodsprojek vir samewerking om ons aktiwiteite te versterk deur middel van hulle beroep-spesifieke kennis."

Juanita Jacobs, wat die projek-koördineerder is, asook die sosiale-impak koördineerder vir Maties Sport, het gesê dat sy sokker gebruik om lewensvaardighede oor te dra aan die kinders in die program.

“Dit gaan so goed. Die kinders is opgewonde oor hierdie program. Jy kan alreeds die verskil in die toewyding sien – in die eerste week het hulle in hulle skoolklere gekom, maar teen die derde week het hulle voorbereid gekom in hulle sportklere."

Jacobs, wat haar provinsiale kleure in verskeie sportsoorte het, asook 'n nagraadse diploma in sport-ontwikkeling, is betrokke by 'n aantal skole in Stellenbosch, en sê daar is nou 'n gevoel van opgewondenheid onder die kinders. “Hulle wys nou dat hulle graag betrokke wil wees."

Rejeanne Louw, een van die vier student van die Teologie-departement, sê sy en maar mede-studente was betrokke by tuisbesoeke aan die ouers en die oppassers van die kinders wat by die program betrokke is. “Dit was goed om met die ouers te praat en om te hoor hoe die gedrag van die kinders verander het – soos byvoorbeeld om netjieser te wees en om met groter respek met hulle ouers te praat. Bloot gebaseer op die terugvoer van die ouers, sou ek sê die program het 'n goeie uitwerking, en sal voortgaan om dit te hê in die toekoms."