Ek glo dat liefde en empatie ons inderdaad kan help om die golf van wanhoop te oorleef wat nou deur die samelewing spoel.
In die landelike gebied van Namibië het die gemeenskap van Sonder Water nou krane om hul hande te was sonder om aan 'n gemeenskaplike kraan te raak en die risiko te loop om die siekte te versprei, sowel as genoeg kos om hulle deur die inperkingstydperk te dra.
Ek studeer aan die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika, maar met my terugkeer na Namibië voor die inperking inskop, is ek getref deur die werklikheid van wat baie van my vriende en familie in die township gedurende hierdie ongekende tyd sou ervaar.
Sonder toegang tot lopende water, is die instruksie om “ten minste 10 keer per dag vir 20 sekondes hande te was" nutteloos.
Sonder die vermoë om in hierdie tyd 'n inkomste te verdien, sou baie mense sonder kos wees.
Ek en vriende begin toe 'n fondsinsamelingsveldtog en kry dit reg om oornag byna R20 000 in te samel.
Ons het groot hoeveelhede kos en seep gekoop om voorsiening te maak vir 'n gemeenskap van ongeveer 100 mense tydens die inperking en ook twee tapkrane gemaak.
Die coronavirus is onoordeelkundig. Slegs deur emptie met ander te hê, is ons veilig.
Ek wil jou uitdaag om te dink hoe jy ander mense in hierdie ongekende tyd kan help.
Gemeenskapslede versamel belangrike items voor Namibië se 21dae-inperking.

Reinhold demonstreer hoe 'n tapkraan werk.
- Klik hier vir instruksies oor hoe om jou eie tapkraan te bou.
* Reinhold is tans besig met 'n Mphil in Volhoubare Ontwikkeling, onder toesig van dr Rika Preiser by die Sentrum vir Komplekse Sisteme in Oorgang.