Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer en Onderrigverryking Seminaar: 12 Maart 2020
Outeur: CTL/SOL
Gepubliseer: 09/03/2020

U word uitgenooi na die eerste van vier kwartaallikse Leer en Onderrig Seminare onder die vaandel van die Vise-Rektor (L&O), Prof Arnold Schoonwinkel, en die Afdeling: Leer- en Onderrigverryking.

Onderwerp: Verskuiwende pedagogiese praktyke en identiteite: Lesse geleer uit die virtuele klaskamer

Aanbieders: Jan Botha, Miné de Klerk and Nompilo Tshuma

Biografieë: Jan Botha is 'n professor in die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie by Universiteit Stellenbosch. Hy is die kursusleier vir die DIES/CREST Online Course for Doctoral Supervisors at African Universities. Miné de Klerk is adviseur vir aanlyn- en hibriedeleer by die Sentrum vir Leertegnologieë en het die aanlyn-leerontwerp van bg. kortkursus bestuur. Dr Nompilo Tshuma is 'n dosent by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys (Departement Kurrikulumstudie). Haar betrokkenheid by hierdie aanlyn kortkursus sluit haar rol as aanlyn-tutor in, asook die opleiding van ander aanlyn-tutors en 'n bydrae tot die leerontwerp.

Reklameteks: Universiteit Stellenbosch (US) se akademiese aanbod word tans uitgebrei om meer buigsame leermodelle in te sluit wat studente buite ons fisiese kampus kan bereik. Die onlangse aanvang van hibriedeleer* en die toename in kortkursusse wat óf uitsluitlik óf gedeeltelik aanlyn aangebied word, vra 'n sterkter bewuswording van die uitdagings en geleenthede wat gepaard gaan met die virtuele klaskamer.

Die aanbieders van hierdie seminaar het sinvolle lesse geleer uit die ontwerp en implementering van verskeie rondtes van 'n aanlyn-kortkursus vir doktorale studieleiers.  Die idee van akademiese identiteit dien as 'n oorkoepellende tema vir hul nadenke oor die (verskuiwende) rolle van dosente en professionele, akademiese ondersteuningspersoneel, deur die verloop van hierdie samewerkende proses.

 

In hierdie seminaar sal ons fokus op die volgende aspekte:

a. Die kontekstualisering van die DIES/CREST Online Course for Doctoral Supervisors at African Universities binne die kontinuum van US se akademiese aanbod;

b. Ons nadenke oor aanlynfasilitering en hoe dit spreek tot akademiese identiteit;

c. 'n Bespreking van die potensiële transformerende leerervaringe van aanlynleerders, asook hul praktiese en opvoedkundige uitdagings;

d. 'n Kritiese ondersoek van 'n aantal aannames oor die verhouding tussen die dosent, leerontwerp-praktyke en digitale tegnologieë.

 

* Hibriedeleer verwys na 'n kombinasie van  kontakleer en volledige aanlynleer. Studente sien fasiliteerders vir blok-kontaksessies in fisiese leeromgewings, moontlik geografies versprei tussen US se bestaande kampusse. 'n Groot deel van die leerproses word egter via die Internet gefasiliteer. 

 

Tyd: 13:00-13:45, 12 Maart 2020

Plek: Lokaal 3008, Fakulteit van Opvoedkunde

Verversings sal vanaf 12:45 bedien word.

Navrae: JP Bosman (jpbosman@sun.ac.za)

RSVP teen 10 Maart 2020

Internetregistrasie: Kliek op die volgende skakel om jou bespreking te doen op Eventbrite (Inetkey oop - gaan na die webtuiste en kliek op die "Register" knoppie):

https://www.eventbrite.com/e/lte-seminar-12-march-2020-shifting-pedagogical-practices-and-identities-tickets-92893520019