Al tien 2019 deelnemers aan die kortkursus het dit suksesvol voltooi. Deelnemers het hulle voorlopige navorsingsresultate by die jaarlikse AvOL konferensie aangebied en 'n konsep publikasie en mini-portefeulje oor hulle onderrigleierskap ingehandig as summatiewe assessering. 'n Toekenningsgeleentheid word beplan vir Februarie of Maart. Die 2019 kohort sal as mentors of “SoEL-mates" optree vir die 2020 kohort.
Die 2020 kohort bestaan weer uit tien deelnemers vanuit nege fakulteite en een personeellid vanuit die PASS omgewing: Dr Margaret Blackie (Natuurwetenskap), Prof Renée Blaauw (FMGW), Prof Cara Schwarz (Ingenieurswese), Dr Peter Nagel (Teologie), Dr Maricel Krugel (AgriWetenskappe), Dr Gretha Steenkamp (EBW), Dr Taryn Barnard (Lettere), Lt Kol Bontle Monnanyane (Krygskunde), Dr Louise Botha (Opvoedkunde) en Me Heidi October (Sentrum vir Studenteleierskap en -strukture).
'n Inleidende sessie het op 26 November 2019 plaasgevind waartydens Dr Antoinette van der Merwe (Sr Direkteur Leer- en Onderrigverryking) die deelnemers namens Prof Schoonwinkel verwelkom het. Die eerste kontaksessie met 'n fokus op Leierskap in Pedagogie, het op 31 Januarie plaasgevind.
Foto: Vier van die 2020 SoEL deelnemers gedurende die eerste kontaksessie in Den Bosch op 31 Januarie: (vlnr) Dr Taryn Bernard, Lt Kol Bontle Monnanyane, Me Heidi October, Dr Louise Botha.
Vir meer inligting besoek hiedie bladsy