Twee personeellede en alumni van die Universiteit van Stellenbosch bestee op die oomblik baie tyd op hul bergfietse om te oefen vir die moordende Absa Cape Epic 2020 om geld in te samel vir die Universiteit se #Move4eFood-veldtog.
Francois Swart, van die Universiteit se afdeling Fasiliteitsbestuur en Robert van Staden, van die Fakulteit Opvoedkunde, span vanjaar saam om die Cape Epic te ry. Dit sal Francois se vyfde en Robert se vierde bergfietswedren wees en die eerste keer dat hulle dit vir liefdadigheid doen..
Die #Move4Food studente-veldtog het in Augustus 2018 begin en het 'n ambisieuse teiken om R10 miljoen in te samel. Die doel is om kosbanke op te rig sodat geen student op kampus hoef honger te lei nie. Studente en Alumni van regoor die land het al verskeie uitdagings aanvaar om fondse vir hierdie waardige veldtog in the samel. Selfs die US se rektor en visekanselier, Prof. Wim de Villiers, het al 'n paar kilometers op sy fiets vir #Move4Food getrap.
Prof. de Villiers het in 'n vorige onderhoud gesê: “Een student wat honger lei, is een te veel. Wat my die meeste van hierdie veldtog beïndruk het, is die ongelooflike reaksie van ons studente, personeel en alumni – mense wat op hulle eie fondsinsamelings begin het vir hierdie veldtog. Dit wys jou dat een mens wel 'n verskil kan maak."
“Om te dink dat daar een uit elke 100 studente is wat nie kos het om te eet terwyl hy of sy aan die US studeer, is harverskeurend. Hoe kan jy honger wees en steeds op akademiese gebied suksesvol wees?" vra Swart, wat mense aanmoedig om donasies te maak vir hierdie veldtog. “Dit het net nooit by my opgekom da daar studente hier op kampus is wat nie kost het om tee et nie. Dit is vir ons so belangrik om soveel as moontlik bewustheid te skep sodat ons kan verseker ons studente lei nie een dag honger en is akademies suksesvol."
“Ons wil bewustheid skep en die lewe van studente op kampus verander," sê Van Staden. “Dit is baie meer as om net deel te neem aan 'n wedren. Elke dag as ons oefen, kan ons nie help om te dink hoe swaar moet dit wees vir studente wat nie eens hul basiese behoeftes kan bevredig nie. Dit sal vir ons die grootste vreugde gee as ons ons teiken vir die veldtog bereik en die Epic voltooi sonder enige beserings," sê Van Staden.
Die #Move4Food Epic-span het in Oktober 2019 begin oefen. Hulle bestee sowat 12 ure per week op hulle bergfietse, hoofsaaklik op hulle eie aangesien hulle in aparte dorpe woon. Dit sal vanjaar die eerste keer wees wat hulle as 'n span saam ry.
Die #Move4Food span gaan 647 kilometers oor agt dae ry, 'n totaal van 15 550 meters klim oor rowwe bergagtige terrein tweespoorpaaie, klipperige enkelpaadjies, sanderige plaaspaie en senutergend afdraendes oor bergreekse.
“Ons doel is om klaar te maak en genoeg bewustheid te skep vir ons liefdadigheid."
Die Cape Epic begin vanjaar weer by die Universiteit van Kaapstad se kampus vir die proloog. Van daar gaan hulle in Ceres ry, op Saronsberg in Tulbagh, in Wellington en dan eindig op Val de Vie Landgoed in die Paarl.
“Skenk asseblief," vra die #Move4Food Epic-span. “Daar is nie iets soos 'n donasie wat te klein is nie – elke bietjie help." As jy die span wil help fondse insamel, kliek hier
Kyk ook na hulle video hier