Die SUNFin-span het sedert April vanjaar hard gewerk en teen einde November hul tweede mylpaal behaal met die beoordeling van die eerste Iterasie van Oracle Cloud Financials (OCF), die nuwe wolkgebaseerde finansiële stelsel wat teen Januarie 2021 in gebruik geneem word.
Die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste tersiêre instelling in Suid-Afrika wat die groot stap geneem het om sy huidige finansiële stelsel met die wolkgebaseerde besigheidsoplossing OCF te vervang.
Die iteratiewe implementeringsmetodologie is op koers met die afgelope suksesvolle voltooiing van Iterasie 1 werkswinkels. Tans fokus die span op die beplanning en voorbereiding van Iterasie 2 wat in die tweede kwartaal sal plaasvind.
Iterasie 1 is 'n prototipe van die nuwe OCF-stelsel en was gebaseer op die US se konfigurasie besluite wat tydens die CPA (Cloud Process Alignment)-werkswinkels geneem en met US data gevul is. Die oogmerk met die werkswinkels was 'n bevestiging dat die data en die US kofigurasiebesluite deur Visions, die implementeringsvennoot, korrek geïnterpreteer en toegepas is.
'n Reeks aanbiedings word vroeg in 2020 beplan waartydens die huidige finansiële gebruiker 'n voorsmakie van die nuwe stelsel sal kry. Kyk gerus uit vir die uitnodigings na hierdie aanbiedings.
Vir meer inligting rakende SUNFin besoek ons nuwe webtuiste <insert link>. Enige verdere navrae kan gerus per epos gerig word aan sunfin@sun.ac.za waar ons graag van jou hoor.